Kommandowurms slaan toe in Noorde
Elvira Hattingh - Die herfskommandowurm het in Namibië se Zambezi-, Oshana- en Oshikoto-streke uitgebreek. Terselfdertyd het die Afrika-kommandowurm in die Oshana-, Oshikoto- en Omusati-streke uitgebreek.
Die ministerie van landbou, water en bosbou het pas ‘n mediaverklaring uitgereik om die uitbreking van die peste te bevestig. Volgens die ministerie is die herfskommandowurm reeds op 6 Januarie op Sibbinda, Kongola, Ngoma, Bukalo en Musanga in die Zambezistreek ontdek.
Die ministerie sê intussen is bevestig dat talle hektaar landerye reeds deur die pes geraak is. Tans is die gewasse in die gebied in verskillende groeistadiums en kwesbaar vir peste soos beide die herfs- en Afrika-kommandowurm. FOTO WikimediaCommons

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie