Kommer duur voort oor inluisterplan
Namibië se waghond vir die telkombedryf, Cran, is van mening dat nuwe regulasies die belang van veiligheid met die reg op privaatheid en ander vryhede balanseer.
Mathias Haufiku en Jemima Beukes – Vandag is die laaste kans vir inspraak by dormante regulasies wat vir die registrasie van SIM-kaarte en reëls vir toegang tot hierdie inligting, asook vir meeluistering deur die polisie en staatsveiligheidsbeamptes voorsiening maak.
Met of sonder wysigings, sal die minister van inligting en kommunikasietegnologie bepaal wanneer die regulasies van krag word.
Sekere burgerlike organisasies is steeds bekommerd dat 'n wettige mandaat om telefoonoproepe en ander kommunikasie te onderskep, moontlik landsburgers se reg op privaatheid kan skend.
'WAAR TREK JY DIE streep?'
Me. Linda Baumann sê daar is 'n fyn lyn tussen dataversameling en om op mense te spioeneer.
“Ja, dit is belangrik om data te registreer, maar dit is ook belangrik om te weet waarheen dit gaan. Daar was tot dusver 'n algemene gebrek aan deursigtigheid en mense het geen idee waarheen hul inligting gaan nie. Hierdie is eenvoudig verkeerd. Hoe beboet jy mense omdat hulle nie geregistreer het nie?
“Waar trek jy die streep? Stel jou voor 'n tiener wat geen gevaar inhou nie, maar 'n SIM-kaart het. Hoe beboet jy hulle? Wat van die mense wat geen identifikasiedokumente het nie? Gaan jy hulle toegang tot 'n SIMkaart weier?”
Volgens Baumann moet 'n nasionale gesprek oor die kwessie belê word.
“Die intelligensiediens sal beslis hierdie geleentheid misbruik,” reken sy.
Me. Zoé Titus, uitvoerende direkteur van die Namibia Media Trust, het beaam dat dataregistrasie belangrik is in die lig van toenemende kubermisdaad, maar het gesê dit kan die deur na afluistering oopmaak.
“Wat 'n mens graag sal wil sien, is dat dit parallel loop met 'n wet op die beskerming van data, omdat burgers se reg op privaatheid nie voldoende beskerm word nie.
“Afgesien dat daar onbehoorlike toesig en inbreuk op privaatheid in die konteks van joernalistiek kan wees, is ek nog meer bekommerd oor die veiligheid van hokaairoepers, veral omdat ons wet op die beskerming van sulke getuies nie operasioneel is nie.
“Dis 'n ernstige rede tot kommer.”
SIM-KAARTE
Volgens die regulasies wat in Maart in die Staatskoerant gepubliseer is, sal selfoonoperateurs volledige persoonlike en verblyfbesonderhede van alle kliënte moet bekom.
Maatskappye sal drie maande nadat die regulasies van krag word met die taak moet begin. Hulle sal 'n jaar hê om elke SIM-kaart te lys.
Verlede week het die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (Cran) 'n openbare vergadering oor die regulasies gehou.
Me. Emilia Nghikembua, die waghond se uitvoerende hoof, het benadruk dat wetlike toestemming nodig sal wees vir toegang tot die inligting en enige meeluistering.
“SIM-registrasie word gebruik om antisosiale gedrag aan te spreek, om ouderdomme te bevestig en bedrog te voorkom,” het sy gesê. Net misdadigers sal volgens Nghikembua geteiken word.
Voorskrifte oor die nasionale SIM-kaartdatabasis en ander bepalings in die regulasies is volgens Cran “prakties en redelik” en tref 'n balans tussen veiligheidsvereistes en vryhede soos die reg op privaatheid.
SPIOENASIE
Kritici sê die regulasies gee te veel mag aan Namibië se Sentrale Intelligensiediens (NCIS).
Hulle sal byvoorbeeld toegang tot jou telefoonnommer, persoonlike inligting en internetprotokol (IP)-adres kan verkry.
Met iemand se IP-adres kan sy/haar internetbedrywighede en soekgeskiedenis nagegaan en dopgehou word.
Regulasies vereis wel dat polisiebeamptes of personeel van die NCIS eers 'n hofbevel by 'n regter of landdros moet aanvra. Die aansoek moet die teikenpersoon se besonderhede en redes vir die ondersoek verstrek.
Diensverskaffers sal rekord moet hou van die datum, plek, tyd en duur van alle soorte telefoonoproepe, stempos en boodskappe.
ANDER VOORWAARDES
Diensverskaffers sal ook verplig wees om personeellede aan te wys wat die magtiging sal hê om op owerhede se versoeke vir inligting te reageer.
“'n Diensverskaffer moet die owerhede inlig oor watter personeellede en poste hiervoor toegewys is en die besonderhede van die betrokke personeellede en hul posisies verstrek,” sê die regulasies.
Hoewel die spioenasie-agentskap en die polisie met die nodige magtiging toegang tot die inligting kan verkry, sal hulle daarvoor moet betaal.
Diensverskaffers sal N$400 per onderskeppingsteiken ontvang vir die vestiging of opstel van 'n verbinding of proses waartydens duplikaatseine of datapakkette geroteer word of na 'n afluistersentrum of ander instansie gestuur word.
Owerhede sal vir sulke dienste nog N$30 per afluisterteiken vir elke maand of 'n gedeelte daarvan opdok, N$30 vir elke versoek om telekommunikasie-verwante inligting en N$4 per bladsy indien die inligting in gedrukte weergawe verskaf word.
As daar van die diensverskaffer vereis word om buite normale werksure hulp te verleen, moet 'n bykomende N$250 per afluisterteiken of versoek betaal word.
Enigiemand wat weier om binne 'n jaar hul persoonlike inligting aan 'n diensverskaffer te verstrek, se dienste kan vir drie maande opgeskort word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie