Kommer heers oor beheer van huur

Kenners waarsku huurbeheer kan krotbuurte tot gevolg hê en beleggers in die eiendomsmark afskrik.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die instelling van huurbeheerrade in Windhoek, Swakopmund, Walvisbaai, Oskahati en Rundu is ‘n swak deurdagte politieke besluit wat die eiendomsmark kan laat tuimel en verreikende gevolge vir die land se ekonomie kan inhou, waarsku kenners.

“Die probleem met huurbeheer is dat dit tot krotbuurte lei. Dit is wêreldwyd bewys,” sê mnr. André Swanepoel, ‘n direkteur van dr. Weder, Kauta & Hoveka.

Huurbeheer lei tot verval in woonbuurte deurdat eienaars sukkel om hul verbande te betaal omdat huur verminder word. Gevolglik hou eienaars nie hul eiendom in stand nie en knap dit nie op nie, sê Swanepoel.

Eienaars word dikwels krotmelkers met vervalle eiendom in buurte waar huur die laagste is en waar huurders onbetroubaar is en traag en ongereeld betaal.

Eiendomsontwikkelaars en beleggers is nie geneë om nuwe huise te koop of te bou nie, aangesien hulle nie langer op gesonde opbrengste van hul belegging kan staatmaak nie, sê hy.

Huurbeheer het voordele, gee Swanepoel toe. Dit beskerm die heel laagste inkomstegroepe teen roekelose uitbuiting.

Skending van regte

Die hoof van die Namibiese Raad van Eiendomsagente (NEAB), mnr. Festus Unengu, meen huurbeheer is ‘n goeie idee omdat dit verbruikers beskerm.

Hoewel dit nie binne die NEAB se mandaat val nie, is dié raad in die afwesigheid van enigiets anders oor die jare met klagtes van “inkonsekwenthede” van eienaars oorval. Dit sluit klagtes van “ongelooflike” huur oral in die land in.

Die huurbeheerrade wat nou regtens opdrag gegee is om dié kwessies te hanteer, is verblydend, sê Unengu. Om ‘n huurplafon in ‘n vryemarkekonomie af te dwing wat deur die regering daargestel is, is egter ‘n skending van eiendomsregte, sê hy.

“Eienaarskap is die mees werklike reg. Niemand, nie eers ‘n hof, kan voorskryf hoeveel ek vir my eiendom behoort te vra nie. Dit is hoekom die huurmark is soos dit is,” sê Unengu.

Nie genoeg beraadslaag

Eiendomskenners meen nie genoeg oorweging is geskenk aan die wyse waarop huurbeheerrade heringestel gaan word nie en nie genoeg beraadslaging is oor die kwessie gedoen nie.

Die bestuurder van Just Property Namibia, me. Schantal Teichmann, meen huurbeheer is oorbodig, aangesien die mark reeds selfregulerend is.

Sy erken huur het in vorige jare buitensporige hoogtes bereik, maar sê dit het die afgelope drie jaar beduidend verminder.

Die afgelope jaar of wat het die huur van duur eenhede met tussen N$1 500 en N$2 000 per maand verlaag. Kleiner eenhede se huur het sowat N$1 000 per maand goedkoper geraak.

“Ek dink die instel van huurbeheerrade is té laat. Hulle moes dit gedoen het toe huur buitensporig was. Die mark het homself intussen begin reguleer,” sê Teichmann.

Ondanks laer huur verkies jongmense dikwels om na hul ouers terug te trek of blyplek te deel om die huurlas te verlig, sê sy.

Verwronge

Die eiendomsmark is verwronge, want die regering het “klaaglik misluk” daarin om sy maatskaplike verantwoordelikheid na te kom en minstens genoegsame en bekostigbare behuising te verskaf, sê Swanepoel.

Die opvatting oor die massabehuisingskema, wat laekostebehuising moes verskaf, is dat dit in ‘n klug ontaard het.

Tenderpreneurs het kontrakte nagejaag, maar nie huise gelewer nie. Gevolglik het die koste van massabehuising gestyg en val dit buite die bereik van lae-inkomsteverdieners.

Dié huise sou na verwagting tussen N$250 000 en N$300 000 per eenheid kos. Pryse het egter tot tussen N$600 000 en N$800 000 gestyg.

Nóg ‘n faktor wat hemelhoë eiendomspryse aangevuur het, was plaaslike owerhede se onvermoë om genoeg gedienste erwe te lewer. Erwe is boonop op veilings aan die hoogste bieër verkoop.

Met voorkeur wat aan voorheen benadeelde ontwikkelaars verleen is – wat die opgeveilde erwe aan groot rolspelers verkoop het – is pryse verder opgestoot.

Vir huurbeheerrade om ‘n sinvolle bydrae tot die mark te lewer, stem kundiges saam eiendomskenners, wat Namibië se wisselings, samestelling en politieke neigings verstaan, moet geraadpleeg word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!