Kommer: Jagluiperds se getalle daal drasties
Oor 'n eeu het die vinnigste soogdiere op aarde met 90% verminder, asook 90% van hul habitat.
Daar is net sowat 7 100 jagluiperds plek-plek in Afrika oor en minder as 50 van die Asiese subspesie in Iran, 'n daling van sowat 90% oor 'n eeu.
Dié statistieke is vervat in 'n nuwe verslag, Disappearing spots: The global decline of cheetah and what it means for conservation, wat Maandag in die joernaal Proceedings of the National Academy of Sciences, gepubliseer is.
Die stigter en uitvoerende direkteur van die Jagluiperdbewaringsfonds (CCF), dr. Laurie Marker, is medeskrywer van die verslag.
Die verslag is die resultaat van 'n jagluiperdprogram wat verskeie navorsers byeen gebring het om die beste data oor habitat en bedreigings saam te stel.
Jagluiperdgetalle het oor 'n eeu vanaf sowat 100 000 met 90% gedaal en hul habitat het ook met 90% verminder. Die hoofrede vir die drastiese daling is die dramatiese toename in menslike indringing, verandering in grondbesit, grootskaalse omheining, politieke onstabiliteit en dat beskermde gebiede-stelsels onvoldoende vir langtermynoorlewing is, met die meeste jagluiperds wat buite beskermde gebiede bly.
Weens groeiende menslike bevolkings het die jagluiperd meer as 90% van sy geskiedkundige habitat verloor, volgens die verslag. Jagluiperds wat 'n nie-aggressiewe aard het, vaar nie goed in wildreservate of ander beskermde gebiede nie waar roofdiere hul prooi steel of hul kleintjies vang. Dit bring jagluiperds in noue kontak met boere wat weer tot verhoogde konflik lei.
Sowat 70% van die oorblywende jagluiperdbevolking word buite beskermde gebiede gevind met net die helfte in suider-Afrika.
“Zimbabwe se jagluiperdbevolking het oor die afgelope 15 jaar met 85% gedaal weens grondverspreiding en politieke onstabiliteit,” het Marker gesê.
Volgens dr. Anne-Schmidt-Kuentzel, die CCF se genetikus en assistent-direkteur van dieregesondheid en navorsing asook medeskrywer van die verslag, sê jagluiperdgetalle kan oor 'n kort tydperk drasties daal, want hulle word makliker as kleiner spesies geteiken en verwyder.
“Dié feit moet in ag geneem word wanneer die jagluiperd se status beoordeel word.”
Bewaringkundiges versoek die Wêreldbewaringsunie (IUCN) dat die wêreld se vinnigste soogdier na 'n ernstiger kategorie, van weerbaar na bedreig, geklassifiseer word.
Die CCF onderrig boere en gemeenskappe en die veewaghondprogram ingestel - die enigste effektiewe prooibeheerinstrument. Die CCF het sedert 1994 al meer as 650 van hierdie waghonde (Anatoliese skaaphonde) saam met Namibiese boere geteel, opgelei en uitgeplaas. Dieselfde program is ook in Botswana, Suid-Afrika en Tanzanië van stapel gestuur en honderde jagluiperds se lewens gered.
ONWETTIGE TROETELDIERHANDEL
'n Ander groot bedreiging vir jagluiperds is onwettige troeteldierhandel, waar die aanvraag na jagluiperdwelpies om troeteldiere te word (hoofsaaklik in die Golfstate) lei tot stropery en smokkeloperasies in die Horing van Afrika.
CCF het dit onder die aandag van die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) gebring om kwessies oor onwettige handel en stropery te takel.
“Terselfdertyd moet daar ook gekyk word na grondgebruikverandering, wildheinings en politieke onstabiliteit, wat groot faktore is wat bydra tot die daling in getalle,” het Marker gesê.
“In Namibië word jagluiperdbewaring deur die regering en die plaaslike bevolking omhels. Namibië is die tuiste van sowat 'n derde van die wêreld se jagluiperds, dus het ons die bynaam as die jagluiperdhoofstad van die wêreld,” het Marker gesê.
Vir meer inligting, kontak die CCF by [email protected] of besoek sy webtuiste by www.cheetah.org.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie