Kommer oor Chinese se wildmisdade
Terwyl Nambiese omgewingsorganisasies 'n brief aan die Chinese ambassade oorhandig het, het Chinese sakelui op Rundu gemarsjeer.
Francoise Steynberg - Die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE) het Woensdag namens 40 Namibiese omgewingsorganisasies 'n brief by die Chinese ambassade in Windhoek afgelewer waarin hulle hul kommer oor wildmisdade van Chinese burgers uitspreek.
"Namibiese burgers en omgewingsorganisasies raak toenemend woedend oor die voortgaande kommersiële wild- en ekologiese misdade wat deur sommgie Chinese burgers in Namibië gepleeg word," lui die brief.
"Ons is ook gefrustreerd oor die oënskynlike gebrek aan aksie wat deur China en die Chinese ambassade in Namibië geneem word om die onwettige aksies van hul Chinese burgers stop te sit. Stil agter-die-skerms-diplomasie het gefaal om enige waarneembare impak te hê."
Die brief lui dat hoewel die NCE xenofobiese houdinge betreur, te veel Chinese burgers Namibië se omgewingswette en -waardes misbruik het en dit lei daartoe dat daar 'n groeiende afkeur en woede onder Namibiërs is.
"Voor Chinese burgers in Namibië aangekom het, was kommersiële wildmisdade uiters ongewoon. Deur hul kriminele aksies het sommige Chinese burgers die aandag na hulself en hul nasionaliteit getrek deur hul blatante verontagsaming van Namibië se wetlike en omgewingswaardes."
Namibië se omgewingsgemeenskap het dus besluit om dié brief aan die Chinese ambassadeur in Namibië te stuur om die omvang van die probleem te verduidelik en hul kommer en woede uit te spreek.
Organisasies, besighede en individue word versoek om aan die Chinese ambassadeur by [email protected] te skryf ter ondersteuning van die brief om hul toewyding aan wildbewaring en omgewingsbeskerming in Namibië te bewys.
CHINESE MARSJEER
Intussen het 100 Chinese sakelui en hul werknemers Woensdag op Rundu 'n protesoptog teen wildstropery gehou.
Die groep het deur die sakesentrum na die kantoor van die goewerneur van die Kavango-Oosstreek, mnr. Sameul Mbambo, marsjeer om hul petisie te oorhandig.
Me. Chen Qiao Ling het namens die groep gesê die immorele handel in wildprodukte, lei net nie tot die dood van bedreigde spesies nie, maar skaad China se betrekkinge met Namibië. Sy het verwys na inhegtenisname van verskeie Chinese burgers vir die onwettige besit van rensoterhorings en olifanttande oor die afgelope jare.
"Dit vererger die land se pogings om stropery te beveg en skaad China se internasionale beeld. Ons veroordeel enige kriminele dade wat deur ons mede-burgers uitgevoer word," het Chen gesê.
"Ons Chinese gemeenskap in die Kavango-Oosstreek is nie gelukkig oor die misdade wat deur sommige individue in 'n vreedsame Namibië gepleeg word nie."
Chen het 'n beroep op beide regerings gedoen om die skuldiges wat betrokke is by die renoster- en olifantstropery, aan die pen te laat ry. Die petisie is die die hoofbeheerbeampte van die goewerneur se kantoor, mnr. Bonny Kahare, ontvang.
CHINESE VAS
'n Chinese man, mnr. Zheng Tiqiang (36) het in Desember in die landdroshof op Katima Mulilo skuldig gepleit toe hy met 'n ietermagovel in sy besit betrap is.
Twee Chinese mans het ook vandeesmaand in die Windhoekse landdroshof verskyn nadat hulle met ivoor by die Kapps Farm-padblokkade onderweg na die Internasionale Lughawe Hose Kutako betrap is. Mnre. Xue Xinxi (47) en Zhang Ruhe (60), het glo probeer om die ivoor in koffieblikke uit te smokkel. Hulle is borgtog geweier.
Voorts is mnr. Ye Zhiwei (28) op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Johannesburg deur die Suid-Afriakaanse Valke met 18 renosterhorings in sy besit in hegtenis geneem. Hy het vanaf Hosea Kutako via Johannesburg na China gevlieg. Hy is ook steeds in aanhouding in Suid-Afrika. - Nampa en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie