Kommer oor Dundee-uitlaatgasse
Terwyl inwoners van Tsumeb kla oor irritasie as gevolg van die myn se uitlaatgasse, sê die myn daar is geen bewyse dat vlakke van dié gasse 'n gesondheidsrisiko inhou nie.
Catherine Sasman - Inwoners van Tsumeb het die afgelope twee heelwat negatiewe kommentaar op sosiale media oor Dundee Precious Metals Tsumeb (DPMT) se dik rookwolke gelewer.
Dit lei tot gesondheidsprobleme, sê hulle.
Daar word gekla oor borspyne, moeilike asemhaling, oë wat brand en neuse wat loop, geel slym wat opgehoes word en dat tuine lyk of dit doodgevries het. Dit alles weens die myn se uitlaatgasse, sê hulle.
“Ons word stadig doodgemaak. Ons is siek en sat hiervoor,” het 'n inwoner gesê.
Sommige inwoners beweer die uitlaatgasse is tans erger omdat die myn glo sy produksie verhoog het. Hulle beweer ook die myn het erken hulle ervaar tans probleme by hul suuraanleg.
Die myn wil egter nie op hierdie spesifieke bewerings kommentaar lewer nie.
“Namibiërs word geensins hierdeur bevoordeel nie, afgesien van ’n paar werksgeleenthede wat geskep is. Iewers anders word geld gemaak,” het 'n inwoner gesê.
DPMT sê die uitlaatgasse waaroor inwoners kla, is "toevallig en kom meestal voor wanneer werksaamhede omvergewerp word, wat kragonderbrekings insluit en wanneer die aanleg aangeskakel word”.
Die maatskappy het gesê die vlakke van swaweldioksied op Tsumeb "veroorsaak soms dat individue oor irritasie kla en kommer uitspreek".
Me. Alina Garises, DPMT se woordvoerder, sê wanneer klagtes ontvang word of verhoogde vlakke van besoedeling gemeet word by die stasies wat luggehalte monitor, word stappe onmiddellik gedoen om uitlaatgasse en toevoer na die aanleg te verminder.
Sy het gesê daar is verskeie luggehaltestasies in en om Tsumeb.
Dit sluit dié by die stadion en die myn se inligtingsentrum in, wat die konsentrasie van fyn lugpartikels (PM10) en swaeldioksied op die dorp voortdurend monitor, en ook spesifieke fyn lugpartikels weekliks ondersoek.
Garises het gesê die myn wy homself daaraan toe om aan omgewingswetgewing en -regulasies te voldoen en om die Tsumeb-smeltery in 'n “wêreldgehalte fasiliteit” te omskep.
Die Kanadese maatskappy het die myn in 2010 by Weatherley International oorgeneem en gesê dit het sedertdien sowat N$4 miljard aan die verbetering van die omgewing bestee, wat toerusting insluit om uitlaatgasse te verminder, en om omgewingsmonitering te verbeter.
Die myn het glo ook in 2011 groot nywerheidsfilters laat installeer om fyn deeltjies van die smeltergasse te verwyder.
In 2016 is 'n swaelsuuraanleg gevestig om meer as 90% van die swaeldioksied uit die gasse te verwyder wat in die atmosfeer vrygestel word en dit in swaelsuur te omskep.
Hierin is meer as N$2,3 miljard belê, het die myn gesê.
Afgesien daarvan is 'n omgewingsbestuurplan glo ontwikkel om uitlaatgasse na die lug en water verder te beperk deur middel van aanvaarde internasionale praktyke en om die betroubaarheid van omgewingsprestasie te verbeter.
Garises het gesê die maatskappy is besig om 'n omvattende omgewingsimpakstudie te voltooi wat uitgebreide deskundige studies insluit.
"Tot dusver het hierdie studies getoon die voortgesette bedryf van DPMT het nie 'n meetbare negatiewe impak op grondbesoedeling in die omgewing gehad nie, en daar is geen bewyse dat die huidige uitlaatgasse 'n gesondheidsrisiko vir die gemeenskap inhou nie," het Garises gesê.
In 'n mediaverklaring op hul webtuiste in Januarie het die myn berig hy het 219 300 ton koperkonsentraat verlede jaar geproduseer in vergelyking met die 200 000 ton in die vorige drie jaar.
Teen April 2017 het 'n interne omgewingsimpakstudie verklaar dat Dundee beplan om sy bedrywighede op te gradeer en te optimaliseer om die koperkonsentraat deursetkapasiteit van 240 000 ton per jaar tot 370 000 ton per jaar te verhoog.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie