Kommer oor Etegameno se toe deure
Namibiese alkohol- en dwelmverslaafdes, wat nie private behandeling kan bekostig nie, bevind hulself voor dooimansdeur.
Catherine Sasman - Ondanks die reuseprobleem van middelafhanklikheid in die land is die enigste staatsrehabilitasiesentrum, Etegameno, se deure sedert April 2018 gesluit.
Die kabinet het wel ’n begroting ontvang wat die heropening van dié sentrum se deure teen die begin van die nuwe finansiële jaar, April, moontlik maak.
Die algemene konsensus is egter dat dit nooit in die eerste plek moes sluit nie – ongeag die kontanttekort in die openbare sektor.
“Die sluiting laat 'n groot leemte; daar is 'n absolute behoefte aan die heropening en sy deure moes nooit gesluit het nie. Ek kan nie verstaan waarom die regering nie die moeite gedoen het om dit oop te hou nie,” het mnr. Tony Jarman, 'n gerehabiliteerde alkoholis, gesê.
Jarman, 'n voormalige pasiënt by Etegameno wat al jare nugter is, is betrokke by 'n ondersteuningsgroep, Circle of Friends, wat alkohol- en dwelmverslaafdes bystand bied, en is deeglik bewus van die benarde omstandighede waarin verslaafdes hulself kan bevind.
"Die behoefte aan 'n staatsgerief kan nie meer benadruk word nie. Die behoefte is oorweldigend. Verslaafdes het gewoonlik nie geld nie en kan skaars 'n private gerief bekostig," het Jarman gesê.
Die rehabilitasiesentrum is gesluit omdat die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nie kon bekostig om die vereiste multidissiplinêre professionele span aan te stel, wat arbeidsterapeute, sielkundiges, psigiaters en verpleegsters insluit nie.
“Ons kan die rehabilitasieprogram nie sonder hierdie professionele mense implementeer nie,” het die adjunk- uitvoerende direkteur van gesondheid, me. Petronella Masabane, gesê.
Sy het erken die sluiting van Etegameno is “baie ernstig”.
Masabane het gesê 'n begroting vir personeel is vir oorweging aan die kabinet voorgelê.
Sy het die hoop uitgespreek dat dit goedgekeur word, sodat die sentrum sy deure in April weer kan oopmaak.
“Sodra die begroting goedgekeur is, kan ons multidissiplinêre poste skep,” het sy gesê.
In die jaar wat die sentrum gesluit was, was sy oorblywende personeel by gemeenskapsuitreikprogramme, maatskaplike mobilisering en bewusmakingsveldtogte betrokke.
Die Etegameno-sentrum kan vyf innames van 80 pasiënte op ’n slag (slegs alkohol- en dwelmverslaafdes ) vir ’n siklus van vyf weke inneem.
Voorsiening vir dobbel-, seks- of pornografieverslaafdes word nie gemaak nie.
Me. Rene Adams, programbestuurder vir die middelmisbruik-, voorkoming-, dwelmbeheer- en rehabilitasie-afdeling van die ministerie, het gesê middelmisbruikers kan maatskaplike werkers nader, wat by elke staatshospitaal beskikbaar is.
Maatskaplike werkers bied terapiesessies aan wat mense help om van dwelms te onttrek.
Adams het gesê nie alle alkohol- en dwelmgebruikers hoort in 'n sentrum nie. Dit is gewoonlik ’n laaste uitweg.
“Die beste is as mense in gemeenskapsverband kan ophou om middels te gebruik,” het Adams gesê.
Tog is daar mense wat te siek is, en te min insig in hul eie gedrag het, wat dié geriewe nodig het, waarvoor die geestesgesondheidswet en die drankwet voorsiening maak.
Impak van misbruik
“Dit het natuurlik ’n groot impak op mense wat nie private behandeling kan bekostig nie.
“En dis juis ’n laer sosioëkonomiese omgewing wat middelmisbruik vererger weens die druk waaronder mense in dié omstandighede verkeer.
“Die feit dat baie mense nêrens hulp kan kry nie, veroorsaak groot skade aan die Namibiese gemeenskap," sê me. Charine Glen-Spyron, kliniese sielkundige en uitvoerende hoof van Bel Esprit, ’n private geestesgesondheidskliniek in Windhoek.
Namibië gaan gebuk onder hewige alkohol- en dwelmmisbruik.
’n Studie wat in 2017 gedoen is, lys Namibië derde in Afrika in terme van misbruik.
Namibië toon ’n groot persentasie swaar drinkers.
Hier is die middels van voorkeur alkohol, dagga en crack-kokaïen. Dit word vererger deur die relatiewe nuwe dwelm tik, wat “baie algemeen” op Walvisbaai voorkom.
Volgens alle aanduidings het tik die landsgrense aanvanklik vanuit Suid-Afrika binnegekom, waar dit gesinne en gemeenskappe vernietig.
“Dit is die gevaarlikste dwelm in die wêreld! Dit bring net absolute ellende!” sê Jarman.
Wat volgens hom uiters kommerwekkend is, is die inligting dat tik nou op Walvisbaai gemaak word – hoewel dit moeilik is om te bevestig.
Glen-Spyron sê die kommerwekkendste is dat in 80% tot 90% van gevalle, middelmisbruik en geestessiektes saam voorkom en verwoesting onder gemeenskappe saai.
Middelmisbruik beïnvloed die frontale breinlobbe, wat ’n uitvoerende funksie het, en lei tot swak besluitneming, verhoogde geweld en ander risikogedrag.
Die gevare van dagga of enige ander middel word dikwels onderskat. Dit kan 'n sneller vir psigose wees.
Dit is waarom dit 'n professionele multidissiplinêre span verg om 'n rehabilitasiesentrum te bestuur.
BELASTING
Die opvatting bestaan dat Etegameno moes sluit omdat die regering nie voorkeur aan dwelmrehabilitasie verleen nie.
Dit is omdat middelmisbruik beskou word as iets wat self veroorsaak word, meen me. Verona du Preez, ’n maatskaplike werker en bedryfsdirekteur by Bel Esprit.
Sy sê ’n studie deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het bevestig middelmisbruik hou verband met hoe beskikbaar die betrokke middels is.
Met sjebeens wat oral oor in die land opduik, lyk dit of alkoholmisbruik en die gepaardgaande gevolge daarvan ongetwyfeld sal bly toeneem.
Die WHO stel voor 'n persentasie sondebelasting moet vir behandeling en rehabilitasie aangewend word.
Du Preez sê die drankwet sal aangepas moet word om hiervoor voorsiening te maak.
“Dít is hoe ons kan verseker die Etegamenos, gemeenskapsgroepe en stigtings bly oop,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie