Kommer oor herfskommandowurm, peste
Terwyl verskeie peste en plae weer tydens die komende reënseisoen kan uitbroei, het die FAO bestrydingstoerusting aan Namibië geskenk.
Elvira Hattingh – Die ministerie van landbou, water en grondhervorming is bekommerd oor die voorkoms, intensiteit en verspreiding van die herfskommandowurm – 'n pes wat duur en moeilik is om te bestry.
Mnr. Percy Misika, die ministerie se uitvoerende direkteur, het Woensdag gesê die bruin- en Afrika-treksprinkaan wat tussendeur uitbreek, asook oorgrenspeste soos die tamatieblaarmyner en vrugtevlieë vererger die situasie.
“Die peste en siektes bedreig voedselsekuriteit in die land,” het hy gesê.
Hy het dié opmerkings gemaak tydens 'n geleentheid waar die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) toerusting ter waarde van N$1 575 201 aan die ministerie oorhandig het.
Die toerusting bestaan uit sproeitoerusting teen sprinkane asook toerusting om die gesondheid van plante te monitor en te beheer.
“Die herfskommandowurm kom oorspronklik van tropiese en subtropiese streke in Amerika. In 2016 is dit vir die eerste keer in Afrika aangemeld, waar dit uitgebreide skade aan gewasse veroorsaak het.
“Teen Mei 2017 het die pes na 25 lande in Afrika versprei – insluitende na Suider-Afrika. Die herfskommandowurm is die jongste pes om Suider-Afrika binne te val en dit is duur en moeilik om te beheer.
“Hierdie peste en plae breek uit in 'n tyd wanneer die land steeds van die droogte herstel wat deur 'n El Niño-verskynsel veroorsaak is en 'n spoor van verwoesting gelaat het, wat insluit 'n tekort aan graangewasse in die land.”
VROEË WAARSKUWING
Misika het sy dank aan die FAO vir hul steun uitgespreek. “Die ministerie sal 'n waarnemingsmeganisme opstel, asook vroeë waarskuwings- en voorspellingstelsels om die regering en boere teen peste te waarsku.”
Hy het bygevoeg die FAO bied ondersteuning om 'n geïntegreerde program vir die gereedheid en bestuur van plantpeste en -siektes te ontwikkel, wat waarneming, bewusmaking en opleiding van amptenare en boere insluit.
Die Verenigde Nasies (VN) se me. Farayi Zimudzi, die FAO se plaaslike verteenwoordiger, het gesê die skenking vorm deel van hul steun aan die Stosar- en Afrika-treksprinkaan-projek.
Stosar staan vir Operasionalisering van die SADC-streeklandboubeleid en word deur die Europese Unie gefinansier. Die toerusting wat oorhandig is vir die beheer van sprinkane, is deur die FAO se spesiale fonds vir nood- en rehabilitasie-aksies (Sfera) asook die VN se Sentrake Noodreaksiefonds (Cerf) gefinansier.
BESTRYDING
Zimudzi het gesê die besending sluit in toerusting wat insekte bekamp asook insekdoders en sal die ministerie help teen die tamatieblaarmyner (Tuta absoluta), die herfskommandowurm, vrugtevlieë en Fusarium-verwelksiekte onder piesangs.
“Soos ons almal weet, is die reënseisoen op pad en bied dit 'n ideale tyd vir peste soos sprinkane om te broei en te vermenigvuldig,” het Zimudzi gesê.
“Die toerusting en gepaardgaande opleiding sal personeel in staat stel om meer doeltreffend teen pesuitbrekings op te tree.”
“Die FAO skat tot 40% van kosgewasse word jaarliks weens plantpeste en -siektes verloor, wat miljoene sonder genoegsame kos laat en groot skade aan landbou veroorsaak . . .”
Sy het gesê plantgesondheid word al meer bedreig en tesame met klimaatsverandering en menslike bedrywighede wat ekostelsels verander en biodiversiteit verminder, word toestande geskep waar peste floreer.
Zimudzi sê die FAO koördineer stappe teen peste soos die herfskommandowurm en sprinkane wêreldwyd deur die bevordering van innoverende tegnologie vir waarneming en vroeë waarskuwing. Hulle werk ook saam met vennote wat kennis van geïntegreerde pesbestuurspraktyke aan boere en ander instansies in ontwikkelende lande kan oordra.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie