Kommer oor olieprys ná Trump-twiet
Pres. Donald Trump van Amerika sê "opgeblaaste" oliepryse is onaanvaarbaar.
Pres. Donald Trump van Amerika het nie op hom laat wag nie en onmiddellik kommentaar – via Twitter – gelewer die oomblik toe Khaled al-Faleh, minister van energie in Saoedië Arabië, sê die wêreld kan hoër oliepryse hanteer.
Trump blameer die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) dat hy die olieprys opblaas.
“Dit lyk of Opul al weer aan die gang is,” het Trump die naweek getwiet.
“Met rekordvlakke olie oral, insluitende die volgelaaide skepe ter see, is oliepryse kunsmatig baie hoog. Dit is nie goed nie en sal nie aanvaar word nie!”
Die olieprys is op sy hoogste vlak in drie jaar.
Dit verhandel weer teen meer as US$70 per vat nadat dit so laag as US$26 per vat in Januarie 2016 gedaal het.
“Ek het geen invloed op aanvraag gesien teen die huidige pryse nie,” het Faleh voor ’n ministeriële vergadering van Opul- en ander vervaardigers gesê.
“Verminderde energie-intensiteit en hoër produktiwiteit wêreldwyd laat my dink dat daar die vermoë is om hoër pryse te absorbeer,” sê hy.
Die komitee het Vrydag gesê die voorraad Brent-ruolie is verminder, maar is steeds meer as wat hulle sou wou sien.
Daar is sowat 2,83 miljard vate opgegaar teenoor die 3,12 miljard vate van twee jaar gelede, sê Opul in ’n verklaring.
US$80 per vat
Ontleders glo Saoedië Arabië – die wêreld se grootste olieuitvoerder – wil graag hoër oliepryse sien.
Dit sal verligting bring vir plaaslike finansiële uitdagings en sal die waarde van Aramco – die staatsonderneming – se markwaarde ’n hupstoot gee voor 5% daarvan later vanjaar genoteer word.
Nadat die prys bo US$70 per vat gestyg het, lyk dit of die land nie-amptelik hoop dit tot US$80 per vat, of selfs weer tot US$100 per vat sal styg,” sê Stephen Brennock van PVM Oil Associates.
“Behalwe dat dit die regering se balansstaat ’n hupstoot sal gee, sal dit baie goeie nuus wees voor Aramco noteer.”
Commerzbank sê dit is hoekom Saoedië Arabië met voorbedagte rade die voorraad olie onder beheer hou.
Faleh het Vrydag daarop aangedring Opul het nie ’n spesifieke prys waarvoor hy mik nie.
“Ons het nooit ’n teikenprys nie ... pryse word deur die mark vasgestel,” sê Fareh.
Faleh het teen wisselvalligheid in pryse gewaarsku en sê dit is hul “vyand”.
Die olieprys was vroeg Maandagoggend op US$74,03 per vat. – Netwerk24/Fin24, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie