Kommer oor store se aankoper
Die ministerie van finansies het gevra dat dissipliniêre stappe teen me. Fabiola Vahekeni geneem word.
Henriette Lamprecht – Kommer is uitgespreek oor die moontlike betrokkenheid van die senior apteker vir aankope by die Sentrale Mediese Store by die tender wat aangevra is vir die aankoop van ’n miljoen entstowwe teen Covid-19.
Volgens die People’s Litigation Centre is geen stappe teen me. Fabiola Vahekeni deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geneem, nadat sy in 2019 by beweerde ongerymdhede in aankope by die mediese store betrek is nie.
In Mei dieselfde jaar het die ministerie van finansies volgens mnr. George Kambala van die PLC sekere ongerymdhede met aankope ondersoek, waarna dit aan die ministerie van gesondheid voorgestel het dissiplinêre moet teen Vahekeni geneem word. Volgens Kambala het dit egter nooit gebeur nie.
“Dit is daarom skokkend om uit te vind dieselfde persoon is nou aan die voorpunt van die aankope van die Covid-19-entstowwe wat volgens berigte N$583 miljoen van belastingbetalers se geld werd is,” sê Kambala in ’n brief wat aan die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, gestuur is.
Die LTC dring daarop aan dat die ministerie voor 26 Maart die relevante bepalings van die staatsdienswet en/of die reëls vir staatsdiensamptenare volg om te verseker dissiplinêre stappe word teen Vahekeni geneem om te verseker sy word geskors of oorgeplaas.
“Dit is om doeltreffend te verseker sy is verwyder van alle aankoopverwante kwessies by die ministerie totdat die dissiplinêre proses afgehandel is,” sê Kambala.
Vahekeni is betrek by die toekenning van ’n tender aan NM Medicals, van wie die Teenkorrupsiekommissie (ACC) ’n vraghouer vol medisyne gekonfiskeer het. Die medisyne was glo van minderwaardige gehalte en het nie invoerdokumente gehad nie. Dit is ook deur die Medisynebeheerraad afgekeur. NM Medicals behoort volgens berigte aan Vahekeni se voormalige sakevennote en vriende.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie