Kommer oor tenderstelsel
Kommer oor tenderstelsel

Kommer oor tenderstelsel

Dani Booysen
Die trae pas waarteen tenders ingevolge nuwe wetgewing toegeken word, is administratief en ekonomies 'n bron van kommer.

In 'n ekonomie soos die van Namibië, waarin die regering 'n baie groot rol in die stimulering van groei speel, sal die uitwerking gevoelig wees. Nog meer so tydens 'n resessie, waaraan min groen lote nog wys.

Die slakkepas van toekennings is verlede maand deur die nuwe Sentrale Aankoperaad van Namibië (CPBN) erken. Nuwe data verstrek deur Tender Bulletin, vervat in die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) en Hanss Seidel-stigting se eerste “Procurement Tracker”, onderskraag die feit. Hoewel 17 aankoopplanne van regeringsinstellings goedgekeur is, is nog net vyf (5) nuwe kontrakte toegeken.

Riemtelegramme wil hê dat toekennings, minstens in sekere velde, op groot skaal terug­gehou word.

'n Gebrek aan kundiges om op advieskomitees te dien, behoort nie opsigself die briek só styf te trek nie? 'n Tekort aan vaardighede is lankal 'n bekende feit en oorgangsprosedures kan die impak verminder het.

Die kerndoel van die nuwe bedeling was om regverdigheid te verseker en korrupsie uit te skakel; nie om in nuwe en selfs lomper burokrasie te verval nie.

Deursigtigheid is een van die CPBN se belangrikste pligte. Antwoorde is dus deurlopend en so gou moontlik oor besluite nodig – asook redes hoekom daar duidelik 'n stok of meer is wat die wiele laat vashaak.

Om een keer per jaar op 'n vae manier aan belastingbetalers verantwoording te doen, is nie aanvaarbaar nie.



Van die juridiese kantlyn wonder Suid-Afrikaners oor die hofverwikkelinge rondom die omstrede Jiba en Mrwebi wat hulle by die NVG (nasionale vervolgingsgesag) midde-in die web van hoeders in die stelsel van patronaatskap rondom oudpres. Jacob Zuma bevind het.

Klagte van bedrog en meineed is teen Jiba en Mrwebi aanhangig gemaak en die hooggeregshof het beslis hulle is nie geskik om as advokate op te tree nie.

In sy meerderheidsuitspraak bevind die appèlhof nou die balieraad se saak teen Jiba misluk op 'n oorwig van waarskynlikhede, terwyl die hooggeregshof “grof” met Mrwebi gehandel het.

Finaliteit op die heel hoogste regsvlak is relevant. Vir onafhanklikheid en kennelike onkreukbaarheid is dit vir alle partye welkom dat die konstitusionele regspad enduit gevolg word.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!