Kommer oor toename in gestrande boggelrugwalvisse
Otis Finck op Walvisbaai - Die drie boggelrugwalvisse wat sedert die begin van die jaar gestrand het, is 'n bron tot kommer, sê mnr. John Paul Roux, 'n navorser verbonde aan die ministerie van visserye en mariene hulpbronne.
Volgens Roux, wat in Lüderitz gebaseer is, is die norm een – en in ekstreme gevalle twee – gestrande boggelrugwalvisse wat per jaar in Namibië gerapporteer word.
'n Toeroperateur het Sondag die Namibiese Dolfynprojek oor 'n dooie boggelrugwalvis in die Paaltjies-omgewing naby Walvisbaai ingelig, terwyl 'n lid van die publiek 'n soortgelyke voorval op 17 Maart in die Oranjemund-omgewing aangemeld het. Verslae oor 'n tweede uitgespoelde walvis in dieselfde gebied het ook later daardie week gevolg.
Roux het gesê die diere wat naby Oranjemund gevind is, was relatief jonk en tussen 10 en 11 meter lank en blykbaar reeds 'n wyle vrek. Volwasse boggelrugwalvisse is gewoonlik tussen 12 en 16 meter lank en weeg sowat 36 000 kg.
“Dit is kommerwekkend en baie ongewoon dat twee vrek walvisse van dieselfde spesie in dieselfde streek en binne dieselde week ontdek is. Ons weet nie wat is die oorsaak van dood nie, en wil eintlik die strand verder ondersoek, maar beskik nie oor die hulpbronne om dit te doen nie," het Roux gesê.
"Die kuslyn is nie vreeslik toeganklik nie en ons mis dalk ander vrektes wat plaasvind. Lugopnames sal eintlik ideaal wees.”
Besonderhede en foto's wat deur 'n lid van die publiek verskaf is, dui daarop dat die eerste boggelrugwalvis wat in Maart ontdek is, reeds vir 'n wyle vrek in die see was voordat dit sowat 7 km noord van die Oranjemundmonding uitgespoel het.
Mnr. Beau Tjizoo, 'n wetenskaplike van die ministerie, het die ontdekking bevestig van nóg 'n boggelrugwalvis wat Sondag buite Walvisbaai uitgespoel het.
“Die oorskot is ontdek en dit is onder ons aandag gebring. My kollegas het die terrein besoek om inligting in te win en om die dier te meet. Dit is baie moeilik om die oorsaak van dood te bevestig en dit hang ook van die toestand van die karkas af. Ons het op die oomblik geen konkrete inligting nie.”
Boggelrugwalvisse word gereeld langs die Namibiese kus gesien.
Hulle migreer elke jaar tot 25 000 km van hul voedingsgebied in Antarktika af na hul teel- en kalwingsgebiede in die tropiese waters van Noord-Angola en Gaboen. Die dier se dieet bestaan hoofsaaklik uit plankton en klein vis.
Eens tot die rand van uitwissing gejag, het die boggelrugwalvis-bevolking met 'n geskatte 90% afgeneem voordat 'n moratorium in 1966 opgelê is. Die bevolking het ietwat herstel, maar verstrengeling in vistoerusting, botsings met skepe en geraasbesoedeling het steeds 'n groot impak op die bestaande bevolking van 80 000.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie