Kommersiële landbou rugsteun landelike ontwikkeling
2019 Globale Voedselbeleidverslag
Dr. Kobus Laubscher - Die 2019 Globale Voedselbeleidverslag van die Internasionale Instituut vir Navorsing oor Voedselbeleid (IFPRI) in Washington wat enkele dae gelede vrygestel is, gee ‘n uitstekende perspektief op van die vernaamste uitdagings vir die versnelling van landelike ontwikkeling.
Die instituut se sienings tel en daar kan gerus meer kennis geneem word van sy verslae.
Sommige sou kon argumenteer dat die verslag te algemeen is, met ‘n gebrek aan spesifieke lande se probleme. Dit sou egter dwaas wees, aangesien daar baie uit te leer is.
Landelike ontwikkeling word toenemend gesien as ‘n sleutelveranderlike vir die bevordering van ekonomiese ontwikkeling.
Landbou is landelik, met die gevolg dat dit ‘n uitstekende ontwikkelingsvoertuig kan wees. Trouens, winsgewende boerderye op enige vlak van kommersialisering is ‘n noodsaaklike vereiste vir volhoubare ekonomiese ontwikkeling.
Alhoewel die verslag grootliks gemik is op lande met ‘n baie groot getal kleinboere en hoe daar spesifieke aandag gegee behoort te word aan hul kommersialisering, kan die aanbevelings ook toegepas word in lande waar geworstel word met die opneem van kleinskaalboere in die kommersiële stroom.
Dit is ‘n bewese feit dat politieke belangstelling die afgelope tyd weggeskuif het van die landelike gebiede – so amper asof vergeet is van die mense wat daar moet leef en vir wie migrasie na stede net nie moontlik is nie.
Dié gebiede het agter geraak in terme van onder meer infrastruktuur en dienste. Derhalwe word hulle verplig om óf daarsonder klaar te kom óf na beter dienste te gaan soek, maar met traumatiese gevolge.
Hierdie agtergeblewe burgers het hulle vervolgens gewend tot gewelddadige protes en het selfs van die min infrastruktuur vernietig wat hulle gehad het.
Die afwesigheid van politieke belangstelling in landelike gebiede het ook aanleiding gegee tot omgewingsverval soos onder meer die besoedeling van waterbronne.
Kortom: Landelike gebiede se agteruitgang te midde van die verswakkende fiskale vermoë van lande in suidelike Afrika was vermenigvuldigend meer as waar daar meer verkiesingstemme is, naamlik die stedelike gebiede.
Was dit nie vir die rugsteuning van veral kommersiële landbou, die boere en agribesighede nie, was die ellende groter.
Teen dié agtergrond verdien kommersiële landbou dus baie meer krediet as wat dit tans kry. In lande sonder ‘n sterk kommersiële landbousektor en ondersteunende infrastruktuur is die ellende groter.
Dit is die verklaarde doel van regerings wat erns het met ekonomiese ontwikkeling om landelike gebiede weer lewe te gee, want daarmee saam kan uitdagings soos kroniese armoede, honger en wanvoeding getakel word.
Die verslag wys egter op onvoldoende fiskale ondersteuning en dat in die meeste gevalle te veel vir te min gedoen word. Daar is ‘n gebrek aan fokus, asook behoorlike korporatiewe bestuur en beheer.
Die migrasie uit landelike gebiede moet omgekeer word, maar kan slegs gebeur indien dit aantreklik is vir veral jongmense om daar te wees eerder as in stedelike gebiede.
Daar is al gewys op die belangrike rol wat tegnologie in dié verband kan speel, en tegnies moet dit goedkoper wees om op die internet te swerf in die platteland as wat die geval in die stad is.
Wat veral stremmend inwerk op enige poging om landelike gebiede ‘n nuwe skop te gee, is uiteraard die gebrek aan werksgeleenthede.
Weer eens kan die aard van werksgeleenthede ook aangepas word, maar dit kan sonder vrees vir teëspraak gesê word dat regerings nie die dinamiek behoorlik verstaan nie.
Daar is wel tekens van groen spriete in die vorm van ‘n voorneme deur die president van Suid-Afrika om alle leerlinge tegnologies te bemagtig. Daar is in dieselfde asem ook kommer oor die ontsluitingsvermoë van die tegnologie tensy toegang en die prys van data aandag geniet. Dit is ‘n ope vraag of daar genoeg dringendheid aan veral die regering se kant is.
Daar is ook toenemend bewyse van die voordele van verbeterde integrasie tussen markte – in die stedelike gebiede waar die vraag is en die platteland waar plaaslike produksie geskied.
Beter vennootskappe tussen verbruikers in stedelike gebiede en plaaslike voorsieners sal ook die landbou in daardie gebiede ‘n hupstoot gee. Ongelukkig is daar ook ernstige gebreke in terme van die infrastruktuur wat nodig is om dié produkte by die verbruikers te kry.
Die gebrek aan betroubare vervoer, hetsy swak of onbegaanbare paaie en/of die afwesigheid van vervoermiddels, belemmer markte kunsmatig. Hieraan word heeltemal te min gedoen.
Trouens, die gestelde mikpunt binne ooreengekome doelwitte (Comprehensive Africa Agriculture Development Programme - CAADP) dat regerings ten minste 10% van hul bruto binnelandse produk (BBP) aan die landbou bestee, is nie bereik nie. Dié saak behoort groter dringendheid te geniet.
Teen hierdie agtergrond moet die staat se gereelde reddingspogings soos rampdroogtehulp geëvalueer word. Dit is tegnies so dat daarvoor begroot word, maar regerings handel nie voldoende daarmee in terme van dringendheid en tydigheid nie.
In die meeste gevalle is die hulp te min en te laat. Verder is die korporatiewe bestuur en beheer van sulke hulp ook nie bo verdenking nie en is daar ongelukkig genoeg bewyse van hoe sulke skaars fondse nog verder verdun word deur wat betaal “moet” word vir die aflewering daarvan.
Die vraag is dus: Hoekom altyd ná die tyd? Tot watter mate kan die geld vir rampfondse nou al as belegging gebruik word om toekomstige rampe die hoof te bied?
Droogtes gebeur nie oornag nie. Regerings moet beter tred hou met verwikkeling en deurgaans scenario’s ontleed om tydig en selfs voorkomend te kan optree.
Dit vat gewoon te lank vir die landbou om toegang te kry tot begrote geld. In sommige gevalle is die geld eintlik verkwistende uitgawes omdat dit te laat beskikbaar gestel is en nie die behoeftes waarvoor dit aanvanklik bewillig is, kan bevredig nie.
Sulke ramphulp baat dus nie die landbou nie – dit is eerder armoedeverligting met ‘n sterk maatskaplike geur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie