Kommissarisse begin nuwe uitdaging
Die voorsitter is positief dat 'n bekwame span saam met hom aangewys is.
Andrew Poolman - Die nege kommissarisse vir die Namibiese Sportkommissie, insluitend mnr. Joel Matheus wat as voorsitter aanbly, is gister deur minister Erastus Uutoni van sport, jeug en nasionale diens bekend gestel.
Net twee lede van die vorige termyn bly oor, naamlik me. Erica Beukes (Namibië Skolesportunie) en mnr. Tommy Mbeeli (Namibië Rugby-unie, ministeriële aanwysing).
Atletiek Namibië se voormalige president, me. Alna Similo, en die regsverteenwoordiger me. Linda Chicalu is die ander twee aanwysings deur minister Uutoni as kommissarisse vir die komende termyn van drie jaar.
Mnr. Werner Jeffery, veteraanadministrateur van die Sportvereniging vir Tersiêre Instellings in Namibië (Tisan), dr. Marius Johannes van Tsumeb (Namibiese Kragoptel- en Gewigoptelfederasie) en mnr. Nicklause Nghumono (Namibiese Sportvereniging vir Gestremdes) is nuwe byvoegings tot die kommissie, tesame met me. Karin Mubowenwa wat 'n agtergrond by Nawisa (Namibiese Vrouesportvereniging) het.
Uutoni het in sy voorbereide toespraak die veelvuldige voordele van deelname aan sport uitgelig.
“Die algemene gesegde dat 'n gesonde gees in 'n gesonde liggaam gehuisves word, is baie waar. Sport is 'n groot bron van vermaak, maar ook opvoeding. Dit is belangrik vir kinders vanaf 'n jong ouderdom.
“Sport leer 'n mens die waarde van tyd; dit hou ons aktief, gesond en fiks en help met ons sosiale ontwikkeling van kommunikasie. Sport leer ons ook oor integrasie en is in sommige gevalle die enigste band wat gemeenskappe van uiteenlopende agtergronde bymekaar bring.”
Die minister het uitgewys dat Namibië se sportmanne, -vroue en -spanne ondanks al die uitdagings op die internasionale toneel uitblink.
“Die ministerie bly verbind daartoe om te help bou aan 'n verenigde Namibië wat vir mekaar omgee.
“Ek moedig die nuut aangewese kommissarisse aan om saam te werk aan die volle verwesenliking van die Sportkommissie se strategiese plan wat vir 2018 tot 2022 opgestel is.
“Hierdie nuwe span bring'n rykdom van ervaring in sportadministrasie. Op die gebiede van leierskap, finansiële bestuur, menslike hulpbronontwikkeling en regskennis is ons goed gedek.”
Uutoni het die uittredende kommissie vir hul insette bedank en het gesê die fondament is gelê waarop die inkomende groep kan voortbou.
Die Sportkommissie se voorsitter, mnr. Joel Matheus, het in sy spreekbeurt gesê hy sien uit daarna dat die mengsel van nuwe bloed en vorige ondervinding in 'n sterk span ontwikkel.
“Laat ons reageer en saam werk en saam veg om aan die behoeftes van sport in Namibië te voldoen.
“Ons mag nie toelaat dat die huidige finansiële en begrotingsprobleme ons moraal afbreek nie.
“Ek ken gelukkig die meeste van die lede se vermoëns en glo dus 'n bekwame span is bymekaar gebring. Ek sien uit na die ondersteuning van administrateurs van al die federasies om vorentoe te beweeg en om die hele land te verteenwoordig.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie