Kommissie vir grondeise aangestel
Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob het gister ‘n presidensiële kommissie van ondersoek na voorvaderlike grondregte en hoe daarvoor vergoed moet word, aangestel.
Dié kommissie onder voorsitterskap van regter Shafimana Ueitele moet ingevolge die presidensiële opdrag konsensus bereik oor die definisie van voorvaderlike grondregte en ook die herstel of vergoeding daarvan.
Dié stap skop die implementering van die resolusies af wat tydens die tweede nasionale grondkonferensie in Oktober verlede jaar geneem is.
Geingob het in sy opdrag aan die kommissarisse op die verwikkeldheid van voorvaderlike grondeise gewys en benadruk dat vrede en stabiliteit voorrang moet geniet wanneer toegesien word dat daar nie op die fundamentele regte en vryhede in die Grondwet inbreuk gemaak word nie.
“Daar bestaan geen twyfel nie dat die kwessie oor die verlies van voorvaderlike grond vra vir daadwerklike pogings tot heling en sosiale geregtigheid. Die verwoestende uitwerking en naskokke van die brutale beleide van kolonialisme en apartheid weergalm steeds in die psige van Namibiërs,” het Geingob gesê.
Hy het daarop gewys dat die 15 kommissarisse op grond van hul ondervinding en kennis aangestel is om die kwessies deeglike te ondersoek en statutêre en beleidshervormings te identifisieer op grond waarop gemeenskappe vergoed kan word vir die skade wat hulle gely het deur hul grond te verloor.
Dit beteken hulle moet die geraakte gemeenskappe identifiseer en bepaal hoe groot hul grondgebied was.
Hulle moet ook die aantal grondeise uit die vooronafhanklikheidstyd bepaal en vir hierdie gemeenskappe spesiale voorsiening in die hervestigingskriteria skep.
Voorts moet hulle altenatiewe maatreëls vir die herstel van hierdie sosiale ongeregtigheid vind en seker maak die geraakte gemeenskappe word ekonomies bemagtig.
Reparasies deur die voormalige koloniale magte as ‘n manier om die gemeenskappe te vergoed, moet ook ondersoek word.
Nóg ‘n meganisme is wetgewing wat die skep van serwitute moontlik maak sodat gemeenskappe toegang tot voorvaderlike grafte sal hê eerder as om daardie grond te onteien.
Nuwe wetgewing moet ook geskep word wat vir hierdie tipe grondeise voorsiening maak, terwyl daar tussen die verskillende vorme van voorvaderlike grondeise onderskei word.
Nóg ‘n taak van die kommissie sal wees om alternatiewe grondgebiede in die kommunale en kommersiële boerderygebiede te identifiseer waarheen gemeenskappe wat versprei geraak het, gerepatrieer kan word.
Aanbevelings moet ook gemaak word oor waar standbeelde en monumente vir volksmoordslagoffers en veterane uit die vryheidstryd opgerig kan word, en waar dié mense se oorskot begrawe kan word.
Die kommissie moet binne nege maande ‘n tussentydse verslag aan Geingob voorlê, gevolg deur die finale verslag drie maande later.
Die ondervoorsitter van hierdie kommissie is mnr. Phaneul Kaapama, terwyl hoofman Gaob Immanuel /Gâseb, mnr. Ryno Van der Merwe, dr. Helmke Jens Sartorius von Bach, mnr. Uhuru Dempers, dr. Marius Kudumo, prof. Lazarus Hangula, ds. Willem Konjore, mnre. Neels Kooperen Josef Petrus Van der Westhuizen, mee. Anna Fredericks, Nadia le Hane, Jeaneth Kuhana en Ingenesia Inge Murangi as kommissarisse sal dien.
Me. Ndiakupi Nghituwamata, direkteur van hervestiging in die ministerie van grondhervorming, is as die sekretaris aangestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie