• Tuisblad
  • Sake
  • Kommissie wil invoerders van tekstiele vasvat
Kommissie wil invoerders van tekstiele vasvat
Kommissie wil invoerders van tekstiele vasvat

Kommissie wil invoerders van tekstiele vasvat

Elvira Wood – Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) gaan streng optree teen invoerders van tekstielprodukte wat sy inspekteurs probeer omkoop.

Die NVK sê in ’n verklaring dat hy bekommerd is oor die pogings deur sekere verskaffers aan die bedryf om beamptes om te koop om op dié manier nie aan die Wet op Verbruikersbeskerming te voldoen nie.

Thezi Mabuza, waarnemende kommissaris van die NVK, sê die kommissie se ondersoekbeamptes word deur die wet bemagtig om besendings wat verkry word, en veral elke besending wat deur doeanebeamptes teruggehou word, te ondersoek om vas te stel of dit aan die wetlike vereistes voldoen.

“Hoewel die regering mense aanmoedig om hul eie ondernemings te begin, sal die NVK dit nooit duld dat gewetenlose verskaffers probeer om inspekteurs om te koop nie.

“Ons beamptes sal voortgaan om hierdie inspeksies te doen om te verseker dat verskaffers wel aan die wet voldoen. Waar daar ’n redelike vermoede bestaan dat verskaffers die wet oortree, sal ons beslis die nodige stappe doen,” waarsku sy.

Luidens art. 24(5) van die wet moet klere wat na Suid-Afrika ingevoer word, ’n etiket hê wat nie net permanent aan die kledingstuk vasgewerk is nie, maar ook:

Die land vanwaar dit ingevoer is en enige ander inligting insluitende die oorsprong van die materiaal wat gebruik is, hetsy of dit van plaaslike of internasionale oorsprong is.

Die kommissie sê die plaaslike tekstielbedryf ly daaronder wanneer goedkoper tekstiele en klere van oorsee ingevoer word.

Die kommissie sê hy is ook bekommerd oor baie Suid-Afrikaanse kleinhandelaars wat goedere verkoop met etikette waarvan die inligting daarop misleidend is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!