Kommunikasiegaping bedreig rotskunswerke
Tydens die evaluering van die impak van grootskaalse graniet- en marmermynbou in die Erongostreek, is bevind dat daar reeds gevalle van “direkte vernietiging” van die prehistoriese kuns in die gebiede was.
Jana-Mari Smith – Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme dra geen kennis van 'n besluit om omgewingsklaringsertifikate (EEC's) terug te trek nie.
Dié sertifikate is aan mynmaatskappye uitgereik wat daarvan beskuldig word dat hulle prehistoriese rotskuns in die Erongostreek vernietig.
“Die ministerie is nie bewus van die besluit nie. Dit kan dalk die Nasionale Erfenisraad van Namibië se bedoeling wees,” het die ministerie se woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, Vrydag gesê.
Muyunda het verduidelik 'n ECC kan slegs teruggetrek word as die impak nie verminder kan word nie.
“Die betrokke partye moet die kwessie by die omgewingskommissaris aanmeld. Hy sal besluit of die onttrekking regverdig is, al dan nie.”
Die Erfenisraad het die afgelope naweek tydens 'n aandeelhouersvergadering met die Otjohorongo-gemeenskap bevestig dat partye tydens 'n gesamentlike aandeelhouersvergadering in November 2020 ooreengekom het “die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme sal alle ECC's van albei gebiede terugtrek en met die betrokke partye vergader.”
Die gebiede sluit die Otjohorongo-granietheuwels en Farm Gross Okandjou in.
Boonop moet hierdie argeologiese terreine “geklassifiseer en afgebaken word” as “onttrekte gebiede” vir prospekteer- en mynlisensies.
Volgens die Erfenisraad is besluit om alle mynbedrywighede te staak sodat 'n herstelproses by albei gebiede kan begin.
VERNIETIGING
'n Span wat die impak van mynbou by die Otjohorongo-granietheuwels en Farm Gross Okandjou ondersoek het, het verlede jaar bevind die argeologiese hulpbronne in dié gebiede is reeds as gevolg van mynbedrywighede vernietig.
“Sulke skade is onomkeerbaar en het die permanente verlies van argeologiese hulpbronne tot gevolg.”
Die basis van die onttrekking van die ECC's is nie net gegrond op die vernietiging van argeologiese erfenishulpbronne nie, maar ook op 'n onvolledige omgewingsimpakstudie (EIA's).
Die span het bevind dat die ECC's uitgereik is op grond van 'n studie wat nie daarin kon slaag om die potensiële impak van mynbedrywighede op die omgewing te bepaal nie, soos deur wetgewing vereis.
In reaksie hierop het Muyunda bevestig “dit is een area wat opgeskerp moet word in die algehele proses om EIB's uit te reik.”
Hy het egter bygevoeg die onttrekking van 'n ECC “is gewoonlik die laaste uitweg. Vir nou moet maatskappye voldoen aan die voorwaardes wat deur die Nasionale Erfenisraad van Namibië gestel word ten opsigte van die beskerming van hierdie gebiede”.
Tydens die evaluering van die impak van grootskaalse graniet- en marmermynbou, is bevind dat daar reeds gevalle van “direkte vernietiging” van die prehistoriese kuns in die gebiede was. Albei gebiede word as belangrike argeologiese gebiede van plaaslike, streek- en wêreldbelang beskou.
Muyunda het verlede week bevestig “waar ECC's uitgereik is, moet enige kwaadwillige waarnemings by die kantoor van die omgewingskommissaris of betrokke belanghebbende aangemeld word.” Die Erfenisraad het verlede jaar gesê die omgewingsministerie, die mynministerie en die Erfenisraad het gesamentlike vergaderings in Februarie en November gehou om die vernietiging van prehistoriese rotskuns deur mynbedrywighede te bespreek.
TEENSTRYDIGHEID
Die gemeenskapsaktivis, mnr. Abiud Karongee, het kommer uitgespreek oor die teenstrydige inligting wat deur die owerhede gegee is. Verder het hy die Erfenisraad geprys vir hul proaktiewe ingesteldheid om die gemeenskap te help om die gebied tot 'n geen-toegang-sone vir mynbou te laat verklaar en om dit as beskermde gebiede te klassifiseer.
Die gemeenskap sê egter die stryd is nog nie gewen nie.
Volgens Karongee is daar gerugte dat mynbedrywighede steeds in sommige van die gebiede voortgaan.
“Vragmotors ry gedurig in en uit en bedrywighede is volstoom aan die gang. Niemand is nog amptelik ingelig nie en dit is net die ministerie wat iets daaraan kan doen.”
Die gemeenskap wag vir 'n verklaring wat dié gebied vir mynbou sluit, volgens Karongee.
“Ons wag vir die gebied om amptelik onder beskerming geplaas te word. Terwyl ons wag vir die ministerie om iets te doen, help ons om die gebied te monitor en enige onetiese en onwettige aktiwiteite te stop. Nietemin benodig ons dokumente, anders kan ons niks doen nie.”
ROLSPELERS
Karongee het gesê die gemeenskapsvergadering is 'n belangrike geleentheid om mense bewus te maak van die voordele wat die bewaring van erfenishulpbronne inhou.
“Die Erfenisraad het die belangrikheid van al die skilderye beklemtoon. Dit is van nasionale en wêreldbelang.
“Dit sal mense help om te besef dat hulle op hierdie waardevolle erfenishulpbron sit, wat langtermynvoordele vir ons almal inhou.
“Die gemeenskap raak entoesiasties en besef dat daar ander soorte aktiwiteite kan wees as gevolg van die bewaring van hierdie gebiede.” Hy het bygevoeg gemeenskapsaktiviste sal saam met die Erfenisraad werk om die granietheuwels tot nasionale erfenisgebied te verklaar.
“Al wat ons sê, is dat hierdie gebied beskerm moet word en alle mynbedrywighede moet onmiddellik gestaak word.”
Die hoop beskaam nie dat die Otjohorongo-granietheuwels die belangrike prehistoriese rotskuns van Twyfelfontein en Brandberg kan ewenaar, beide onder beskerming en wêreldwyd as van groot argeologiese belang erken.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie