Kommunikeer só oor jagvoordele

’n Kenner meen alternatiewe maniere moet gevind word om jag se goeie bewaringstorie aan veral die Westerse wêreld oor te dra.
Elvira Hattingh
font face="Verdana">

Elvira Hattingh - “Namibië is dié kampioen van natuurbewaring in die wêreld. Syfers lieg nie.”

Só meen Nordisk Safari Klub se mnr. Jens Ulrik Høgh, ’n wêreldbekende wildbewaarder, skrywer, uitgewer en redakteur van Denemarke.

Hy was ’n genooide gas by gister (Dinsdag 26 Nov) se 46ste jaarvergadering van die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) wat in Windhoek plaasgevind het.

“Almal in die Westerse wêreld wil wild deesdae op 25 ha tot 2 000 ha hervestig. Wat hulle nie besef nie is dat julle met groot sukses die afgelope vyf dekades reeds dieselfde doen.

“Namibië is ’n voorbeeld vir die wêreld as dit by natuurbewaring kom,” het Høgh gesê.

Hy meen die jaggemeenskap versuim dekades lank reeds om die goeie storie oor jag aan die wêreld oor te dra, wat veroorsaak dat jagters dikwels aangeval en verag word.

Høgh het onlangs opnuut opslae in sosiale media gemaak met ’n video waarin hy deur middel van Smarties-sjokolade verduidelik hoe die afskaffing van trofeejag tot die verwoesting van wild en hul natuurlike habitat sal lei.

Høgh, wat dekades lank al jagartikels skryf, het intussen ’n professionele kommunikasie-agentskap vir die Nordisk Safari Klub begin om jagters se saak wêreldwyd te stel.

“Ek het die afgelope jare baie gereis en gesien sonder jag sal soveel habitat vir wild verlore gaan en daarmee saam die wilde diere. Ek kan nie net stilsit en dit aanskou nie.

SUKSES IN DENEMARKE

Høgh sê ná vyf jaar se werk het statistieke bewys dat mense in Denemarke raak algaande positiewer oor jag.

“Die situasie in die res van die wêreld lyk heelwat slegter as in Skandinawië. In Engeland wil tot 80% van die bevolking jag graag heeltemal wil verbied – daarom ook die poging om die invoer van trofeë te verbied.”

Høgh meen die Britste media is hiervoor verantwoordelik omdat hulle antijagpropaganda versprei sonder om teenargumente aan te hoor.

Hy meen hoewel daar nie baie Britste jagters is nie, hou die wêreld Brittanje dop en versprei die antijagsentiment op dié manier.

VERSPREI DIE BOODSKAP

Høgh sê sy Smarties-video is binne ’n week meer as 2 700 keer gedeel en deur 200 000 mense gesien. Hy sê hy het baie positiewe terugvoering hierop ontvang, ook van niejagters.

“Dit is nie onmoontlik vir jagters om hul boodskap uit te kry nie, ons moet net die regte manier vind om dit te doen.”

Høgh het ook onlangs ’n nuwe manier beproef om jagters se boodskap oor te dra toe hy ’n Suid-Afrikaanse boer oortuig het om antijagaktiviste wêreldwyd die geleentheid te bied om ’n swartrenoster te koop.

Die renosterbul moes geskiet word ná hy talle renosterkoeie doodgemaak het en daar was reeds ’n aanbod van US$680 000 van ’n trofeejagter op sy kop.

“Ek het ’n opebrief aan van die mees uitgesproke antijagters geskryf, wat insluit antijag-supersterre soos Ricky Gervais, Zac Goldsmith, Ed Sheeran en Kevin Pietersen, om hoër as die jagter op die renoster te bie en die dier dan te kom verwyder of verskuif.”

Høgh se al het die brief soos ’n veldbrand na honderdduisende mense versprei, is geen reaksie van enige antijagaktivis ontvang nie.

“Geen aanbod, geen omgekrapte e-pos, geen poging tot gesprekvoering is van enigeen ontvang nie. Almal het in stilte weggekruip.

“Ek dink dit maak dit vir hulle moeilik om in die toekoms kritiek uit te spreek as ’n swartrenoster vir trofeejag geadverteer word.”

Høgh sê omdat sommige mense meen die eksperiment was nie ’n sukses nie omdat die renoster te duur was of te min tyd toegelaat is, is die eksperiment herhaal deur 10 Namibiese kameelperde op dieselfde wyse te koop aan te bied.

“Dié keer het die enigste reaksie gekom van drie Namibiese agente wat hul dienste aangebied het om die kameelperde te verskuif,” het Høgh gesê.

KOMMUNIKASIE OOR JAG

Høgh sê jagters moet waak om trofeejagfoto’s op sosiale media te publiseer omdat dit dikwels “storms van haat” om hul koppe laat losbars. Hy meen die resep om niejagters te bereik, sluit in om met mense te praat oor wat hulle verstaan, om seker te maak statistieke is korrek en om geduldig en eerlik te wees oor hoekom jagters jag.

“Dit is baie belangrik dat die jaggemeenskap onthou niejagters weet niks van wat ons doen nie.

“Antijagters het niks om te verloor nie en het al die emosionele argumente aan hul kant. Daarom kan hulle lieg of manipuleer, maar ons het alles om te verloor. Ons sál verloor as ons van die feite afwyk of daaroor raai,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!