Kompetisie vir joernaliste aangekondig
Kompetisie vir joernaliste aangekondig

Kompetisie vir joernaliste aangekondig

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Ná ‘n afwesigheid van sowat ‘n dekade herleef die Namibië Joernalistiektoekennings vanjaar en sal 2019 se Joernalis van die Jaar saam met wenners in nege ander kategorieë op 18 September tydens ‘n glansgeleentheid aangewys word.

Safa al-Ahmad, die internasionaal bekende ondersoekende joernalis van Saoedi-Arabië en kollega van die vermoorde joernalis Jamal Khashoggi, is die gasspreker.

Toe die World Association of Newspapers and News Publishers (WAN-IFRA) Khashoggi in Junie vanjaar postuum met die Goue Pen vir Vryheid-toekenning vereer het, het Al-Ahmad dit namens hom ontvang.

Khashoggi is in Oktober verlede jaar in die Saoedi-Arabiese konsulaat in Istanboel, Turkye, vermoor.

Dié aankondiging is gister deur die voorsitter van die Redakteursforum van Namibië (EFN), mnr. Jospeh Ailongo, in Windhoek gemaak.

Die kategorieë waarvoor joernaliste kan inskryf, is ondersoekende werk, onderwys, landbou en omgewingsake, gesondheid, sake en innovering, sport, fotojoernalistiek, videografie en potgooie. Die prysgeld beloop N$10 000 in elk van die kategorieë.

Die Joernalis van die Jaar sal met N$20 000 se prysgeld beloon word.

Die gesoute Namibiese joernalis en oudredakteur me. Gwen Lister het in haar hoedanigheid as uitvoerende direkteur van die Namibia Media Trust (NMT) gesê goeie gehalte, onafhanklike en professionele joernalistiek is noodsaaklik vir die handhawing van ‘n gesonde demokrasie.

“Joernalistiek moenie as vanselfsprekend aanvaar word nie. Sonder goeie joernalistiek is demokrasie in die moeilikheid,” het sy benadruk.

Die hoofborg (platinumstatus) van die kompetisie en die glansdinee is FNB Namibia, met die Olhthaver & List-groep en NMT as die ander borge wat hulle reeds verbind het.

FNB Namibia borg ook die kategorie Joernalis van die Jaar en sake en innovering, terwyl Geka Pharma aangedui het hy gaan die kategorie vir gesondheidsjoernalistiek borg. Borgskappe vir die ander kategorieë word nog ingewag.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!