Kompetisie vir padfietsryers hervat in erns
Die nasionale beheerliggaam hou ook dié week sy algemene jaarvergadering en verkiesing van 'n uitvoerende komitee.
Andrew Poolman – Padfietsryers maak vanmiddag hul terugkeer tot post-hoktyd kompetisie, op die hakke van bergfietsryers wat ook laas naweek vir die eerste keer weer ernstig aan die gang kon kom.
Resiesdag nommer een van die Foodlovers Market tydtoetsreeks word vandag aan die bopunt van Matchless as begin- en eindpunt gehou. Die eerste wegspringtyd is om 15:00.
Volgens die aangepaste skedule vir die res van die jaar sal hierna nog drie byeenkomste oorbly, naamlik op die volgende drie Woensdagmiddae – op 1 Julie die platter Döbra-roete; 8 Julie weer by Matchless en 15 Julie weer die Döbra-roete ter afsluiting.
Die Foodlovers Market tydtoetsreeks is daarop gerig om padfietsryers meer bedrewe in die tydtoets-dissipline te maak, waarin jaarliks ook nasionale titels op die spel staan en wat op sigself 'n Olimpiese fietskode is.
Wenners word oudergewoonte in verskeie ouderdomskategorieë bepaal – nie net die elite mans en vroue nie, maar vanaf die onder 10's tot die grootmeesters mans en vroue.
Deelnemers moet aan minstens drie uit die vier byeenkomste deelneem om vir die pryse in aanmerking te kom.
• Die Namibiese Fietsryfederasie hou môreaand sy algemene jaarvergadering en doen 'n beroep op vrywilligers om hulle vir diens op die uitvoerende komitee beskikbaar te stel.
Die vergadering sal om 17:30 vir 17:45 by die Sportkommissie se kantoor in Eros plaasvind.
Vier posisies op die uitvoerende komitee moet gevul word en die Federasie hoop om agterna met 'n voltallige komitee van nege lede te kan spog.
Kandidate moet deur 'n geaffilieerde fietsryklub benoem en gesekondeer word.
Spesifieke portefeuljes word gewoonlik toegeken sodra die individue op die uitvoerende komitee die eerste keer vergader.
PEDAL POWER-REEKS
Komende Sondagoggend hervat die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks vir spanne by Carinpark.
In hierdie gewilde reeks ry die jaers in spanverband, met elke span se eerste drie jaers oor die eindstreep wie se eindtye bymekaar getel word om die span se klassifikasie te bepaal. Spanne mag tot nege ryers vir die reeks registreer, maar 'n maksimum van ses mag in elke byeenkoms wegspring.
Die spankompetisie het die afgelope jare 'n groot rol gespeel om die vlak van padfietsry in die land beduidend op te hef.
Twee byeenkomste in die Nedbank WPP-reeks is reeds voor die Covid-19-inperkings afgehandel.
In die huidige stand van die manskompetisie is Team Hollard Life tans die voorlopers, gevolg deur Team KIA Elite (tweede) en Team Cathy (derde).
By die vroue is Foodlovers Market die voorloperspan, gevolg deur Team Mylife Powered by Hollard (tweede) en Team Lumber City.
Die organiseerders moes vooraf hul kompetisiereëls vir goedkeuring aan die Namibiese Sportkommissie voorlê en is in hul noppies dat hulle amptelike goedkeuring verkry het om met die reeks voort te gaan.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie