Kompetisies op strand gewild

Draf en fietsry
Leandrea Louw
Leandrea Louw - Die eerste Standard Bank Beach Rush-byeenkoms wat Saterdag deur Namib Rage Events aangebied is, het meer as 60 drawwers en fietsryers gelok.

Namib Rage is die jaarlikse gasheer vir die Tafel Lite Beach Bash en vandeesmaand het die organiseerders besluit om die Beach Rush deel daarvan te maak. Deelnemers kon 5 km of 10 km draf, terwyl die ryers op dikwielfietse 10 km gehad het om deur die sand te trap.

Die Beach Bash-vlugbaltoernooi wat elke Desember vir die afgelope ses jaar aangebied was, is terselfdertyd op Langstrand by die Beach Bash-venue aangebied.

Die voorste uitslae van die kompetisie:

10 km draf, junior mans: 1 Herman Kathima, 2 Ethan Snyders, 3 Stefan van der Westhuizen.

10 km draf, senior vroue: 1 Nicky Spangenberg, 2 Adriana Botes, 3 Shani Scholz.

10 km draf, mans: 1 Erich Goeieman, 2 Arnoles Tjihuro, 3 Albertinus Goeieman.

5 km draf, junior mans: 1 Nathan Snyders, 2 Daniel Kienetz, 3 Justin Scholz.

5 km draf, vroue: 1 Zita Louw (enigste inskrywing).

5 km draf, senior mans: 1 Keanu Ramothibe, 2 Schalk Oosthuizen, 3 Enrico Ramothibe.

5 km draf, vroue: 1 Lizelle Esterhuisen, 2 Sonja Oosthuizen, 3 Kara Oosthuizen.

10 km fietsry, senior mans: 1 Tobie Gerber, 2 Morné Honiball, 3 Leonard Martin.

10 km fietsry, vroue: 1 Gerda Venter (enigste inskrywing).

10 km fietsry, junior mans: 1 Jaco Louw (enigste inskrywing).

Wenners van die 10 km draf het onderskeidelik N$1 200, N$1 000 en N$800 vir die eerste drie plekke ontvang, terwyl die 5 km afdeling N$500, N$300 en N$200 gekry het. Die eerste drie fietsryers is N$1 000, N$800 en N$600 ryker.

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer