Kondoomkwessie
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en ’n plaaslike kondoomfabriek stamp steeds koppe oor ’n tender.
Denver Kisting – Commodity Exchange (Comex), wat ná 17 jaar hul kondoomtender by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste kwyt is, wil nie bes gee nie.
Mnr. Averouz Maritz van dié beslote korporasie het in antwoord op die ministerie se weergawe dat hulle nie aan die kontrak se vereistes voldoen het nie, teruggekap en ontken hulle het vir bykans twee dekades ’n monopolie geniet.
In ’n skrywe aan Republikein sê hy hul prys van N$24,3 miljoen was “vir twee items op die kondoomtender” – N$4,2 miljoen vir die 49 mm-kondoom, terwyl nagenoeg N$20 miljoen vir die 52 mm-kondoom was.
Die kleiner weergawe, verduidelik Maritz, is op tienerseuns gemik en die groter een is vir volwasse mans geoormerk.
Hy reken die gesondheidsministerie het “’n verkeerde en onregverdige vergelyking” getref deur aan te voer hul totale tenderprys was vir N$24 miljoen en die suksesvolle tenderaar s’n net N$14 miljoen.
Volgens Maritz is Supremo Medical Supplies se prys net vir die groter kondome. “Dus, behoort die regte vergelyking eintlik te wees N$20 miljoen vir Comex teenoor N$14 miljoen vir Supremo.”
’n Bewering dat hulle ’n kondoommonopolie bedryf het, maak geen sin nie, sê Maritz “aangesien ons in ’n vrye en oop mark handel dryf. Comex het nie die gesag om regulasies toe te pas nie. Net die regering kan.”
Boonop, sê die kondoombaas, is hul beslote korporasie gebore “uit ’n goed nagevorsde en uitgevoerde inisiatief in samewerking met die destydse minister van gesondheid, dr. Libertine Amathila, Global Fund en Comex.”
Die doel van die onderneming was om die beste gehalte kondoom vir Namibiërs te verseker, sê hy by navraag. “Ons moet onthou Namibië was, en is tot ’n mindere mate steeds, besig om ’n kommerwekkende MIV-epidemie te bestry.”
Comex het baie kapitaal, hulpbronne en mannekrag in die kondoombesigheid gestort, sê hy.
Maritz is bekommerd omdat daar volgens hom tans geen standaarde of regulasies bestaan wat die invoer van kondome reguleer nie.
Hul aanleg is die enigste een wat kondome plaaslik vervaardig en vir gehalte toets, sê hy.
Hy sê hy wil hul weergawe geboekstaaf hê “om te verseker inligting aan die publiek is nie verdraai of misleidend nie”.
Mnr. Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, het in reaksie op Maritz se jongste aanval volgehou Supremo was die mees kostedoeltreffende opsie.
Boonop het Commodity Exchange nie aan alle spesifikasies voldoen nie, sê hy.
Republikein het verlede week berig die tonge is los oor die kondoomtender wat ná 17 jaar aan ’n ander besigheid toegeken is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie