Konferensie fokus op gehalte-onderrig
Konferensie fokus op gehalte-onderrig

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

Strukture en beleidsrigtings in Namibië het ten doel om te verseker hoër onderrig is van goeie gehalte.
Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), asook die Internasionale Universiteit van Bestuursake (IUM), ‘n driedaagse konferensie in Windhoek aangebied wat gefokus het op die rol van gehalte-stelsels om die uitkomste van hoër onderwys in Namibië te verseker.

Die konferensie is deur 130 afgevaardigdes van onder meer hoër onderrig-instellings, regeringskantore, vakbonde, studente, ontwikkelingsvennote en studenteverenigings bygewoon.

Verteenwoordigers van vasteland- en streeknetwerke sowel as van die Vereniging van Afrika-universiteite was ook teenwoordig.

Me. Sylvia Demas, adjunk- uitvoerende direkteur van die Nasionale Raad vir Hoër Onderwys (NCHE), het tydens die konferensie strukture in hoër onderrig uitgelig wat gehalte verseker en wat insluit die nasionale kwaliteitversekeringsagentskappe of reguleerders soos die NCHE en die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA), professionele liggame en die interne kwaliteiteenhede sowel as sentrums by hoër onderriginstellings.

Volgens Demas betrek benaderings tot die versekering van gehalte-onderrig onder meer die vermoë van die instelling om die gewenste gehalte van akademiese en ander werksaamhede te vestig en te handhaaf (registrasie en akkreditasie van die instelling), die evaluering van akademiese programme, beleidsrigtings, stelsels en prosesse, sowel as die monitering van die instelling se praktyke wat gehalte voorstaan.

Deel van die konferensie was ook ‘n paneelbespreking oor die rol van regering en leierskap om ‘n kultuur van gehalte binne instellings te verseker.

Die Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters en die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het ook die lesse gedeel van hul vennootskappe wat ontwikkel is om gehalte en die bedryf se behoeftes te harmoniseer.

Deelnemers aan die konferensie was dit eens dat Namibië se huidige strukture, wetgewing, beleidsrigtings en riglyne wel gehalte in hoër onderrig verseker en dat dit goed in Namibië gevestig is.

Die implementering van bogenoemde hou wel uitdagings in, wat dit of onmoontlik maak om die gehalte van diensverskaffers en hul akademiese programme te verseker, of om die proses onnodig uit te rek.

Die gashere van vanjaar se konferensie het onderneem om ‘n aksieplan vir die implementering van voorstelle saam te stel wat tydens die konferensie aanvaar is.

Die hoop is ook om die konferensie elke twee jaar aan te bied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!