Konferensie oor weiding lok wye belangstelling

Soos in die verlede was die Namibiese Nasionale Weidingsforum se onlangse saamtrek op Otjiwarongo weer die plek waar die jongste navorsing en kennis oor optimale weidingsbenutting en -bestuur gedeel is.
Mariana Balt
Mariana Balt - Die konferensie van die 21ste Namibiese Nasionale Weidingsforum (NRF) by die Out of Africa Lodge op Otjiwarongo het van 17-19 Julie die bestuur van weiding in 'n veranderende omgewing ondersoek, met boere en navorsers wat kennis en ervaring uitgeruil het.

Op die derde dag is die plaas Hebron van Gerd Woelbling besoek, waar konferensiegangers eerstehands kon sien hoe ontbossing toegepas is, gras volhoubaar gekweek word en wat die invloed van kuddebestuur met betrekking tot rotasie en rusperiodes is. (Sien artikel op bl. 22 en 23.)

OPTIMASS is die afkorting vir "Options for sustainable geo-biosphere feedback management in savanna systems under regional and global change", 'n gesamentlike Duits-Namibiese projek daarop gemik om riglyne vir die volhoubare gebruik, stabilisering en rehabilitasie of herstel van die Namibiese savanna ekosisteem te verskaf.

Die projek ondersteun jong navorsers met behulp van 'n uitruilprogram deur wetenskaplikes, somerskole en gesamentlike meesters- en PhD-kursusse. Dit word deur die Duitse federale ministerie van opvoeding en navorsing (BMBF) gefinansier en vorm deel van die Science Partnerships for the Assessment of Complex Earth System Processes (SPACES) program.

Die projek het in 2014 begin en sal tot 2018 duur.

Die tweedaagse konferensie is deur meer as 120 belangstellendes bygewoon en bydraes is deur die volgende navorsers gelewer:

Prof. Florian Jeltsch, 'n ekoloog aan die Universiteit van Potsdam in Duitsland, het meer vertel oor wie en wat die OPTIMASS-projek behels; Dr. Morgan Hauptfleisch, senior dosent in ekologie aan die Namibiese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (NUST) het die rol van weiveld in sosio-ekologiese konflik en samewerking uitgewys; Prof. Klaus Kellner (weiding rehabilitasie ekoloog by die Noordwes Universiteit in Suid-Afrika) wat gesels het oor die rehabilitasie van savannavelde wat deur bos ingeneem is; Dirk Lohmann en Jenny Bischofberger, beide verbonde aan die OPTIMASS-projek in Duitsland, het gesels oor dinamiese bestuur van wisselweiding deur kuddes; Niels Blaum, ook van Duitsland het die invloed van oorbebostheid op die diversiteit van diere op savannavelde bespreek;Katja Geissler (OPTIMASS Duitsland) het navorsing oor die belang en kwesbaarheid van water-beskikbaarheid in weiveld gedeel, met verwysing na voor die hand liggende sowel as bedekte invloede daarop; Dagmar Honsbein (N-BIG, Namibia) het die moontlikhede van bio-energie in volhoubare onwikkeling toegelig en “Bush-based animal feed production by the MAWF/GIZ Support to De-bushing Project”; enDave Joubert het gepraat oor die hersaai van grassoorte in die Waterberg en Axel Rothauge (AgriConsult, Namibia) oor die geleenthede en uitdagings om waarde tot hout toe te voeg.Verskeie boere het ook bydraes gelewer:

Fortunato Pereira Makuti van die Namibia National Farmers Union (NNFU) het probleme rondom toegang tot markte genoem;Judith Isele het verslag gelewer oor navorsing rakende “Rangeland forage biomass production and composition under different grazing regimes on a Namibian organic livestock farm”; Aaron Nangolo ('n boer van die Otjombinde bewaringsgebied) het gesels oor die saai van meerjarige grasse en Joe Gaugler het gemaan dat die natuur self baie meer ernstig bejeën moet word ten einde volhoubare boerdery toe te pas.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!