Konflik verdoesel nuus
Verslaggewers van Suider-Afrika het onlangs bespreek hoe mediadekking tot die skepping en handhawing van vrede kan bydra.
Augetto Graig - In die afgelope vyf jaar het sowat 530 verslaggewers van Afrika in die uitvoer van hul pligte gesterf.
Op die vasteland is nuusdekking in die Arabiese lande die gevaarlikste.
Dít geld ongeag of ’n verslaggewer vryskut of voltyds aangestel is, en buitelandse verslaggewers het oënskynlik ’n beter kans op oorlewing.
Vroulike verslaggewers veral is aan uiterste gevare blootgestel, en word dikwels nie na behore deur owerhede en regstelsels ondersteun nie.
Dít alles blyk uit navorsing wat deur die plaaslike kommunikasielektor, dr. Hugh Ellis, bekend gestel is.
Sy navorsingsvoorlegging was een van verskeie wat toon dit is nie altyd maklik om die ware feite in Suider-Afrika te bekom nie.
Hierdie werklikheid was ’n gesprekspunt by ’n slypskool wat verlede week (18 en 19 Julie) by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se hotelskool in die hoofstad gehou is.
Die slypskool het gesoute verslaggewers en joernaliste van Zambië, Zimbabwe, Mosambiek, Suid-Afrika, eSwatini en Namibië byeengebring, asook Nust-akademici en verteenwoordigers van Afrika se Vredeskeppingsnetwerk (APN).
Die tema was “Verbeterde mediadekking van konflik en vredeskepping in Suider-Afrika”.
By die opening van die geleentheid het mnr. Tjama Tjivikua, Nust se visekanselier, gesê: “Dit is duidelik die media speel ’n rol in hoe ons die wêreld om ons verstaan.”
Tjivikua het beklemtoon dis noodsaaklik dat die vermoë verbeter word om gebeure in dié streek te dek.
Hy het gesê slagoffers moet teen roekelose verslaggewing en misleiding beskerm word.
“Dit is ’n probleem – die reaksies op misleiding, halwe waarhede en halwe feite. Dié slypskole is om hierdie risiko te verminder en om professionele joernalistiek te bevorder,” het hy gesê.
Volgens Tjivikua moet die media heersers van ’n land namens burgers met die waarheid konfronteer.
Hy het gesê dit is nodig vir ’n vreedsame, lewensvatbare en veerkragtige samelewing.
“Konflik hou dikwels met 'n tekort aan aanspreeklikheid verband,” het hy gesê.
“Vrede is die doel en die einde en ook die middel tot die einde,” het hy gesê.
“Burgerlike joernaliste kan die waarheid verdoesel en ons moet dus waaksaam wees en die publiek oor haatspraak, fopnuus en aanlyn geweld inlig. Daarvoor is kritiese mediavaardighede nodig,” het hy gesê.
Dr. Cyril Obi, direkteur van APN-programme, het gesê dit is belangrik om die verskil tussen ware nuus en fopnuus te verstaan.
“Die mediabedryf verander vinnig en nuwe media is ’n katalisator van maatskaplike verandering.
Inligting bied Afrika mag in terme van hoe die vasteland verteenwoordig word, het Obi gesê.
“Die media moet ’n rol in die skepping van enige omvormende vrede speel, vir regverdigheid, voorspoed en ’n Afrika wat in wêreldmag deel,” het hy gesê.
Die APN is ’n program wat in 1923 in New York, in die VSA, onder die Sosiale Wetenskappe Navorsingsraad tot stand gekom het. Obi het gesê hulle bevorder kennis van sosiale wetenskappe en pas dit in die praktyk toe.
Dr. Jean-Pierre Ilboudo, plaaslike verteenwoordiger van die Verenigde Nasies (VN) se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuurorganisasie (Unesco) in Namibië, het die vredesprogram in Afrika bespreek.
Hierdie program is op drie pilare, naamlik gesprek tussen verskillende kulture, godsdienste en etniese groepe geskoei, het hy gesê.
Dié konsep is in 1989 in die Cote d'Ivoire-konferensie oor “vrede in die mens se gedagtes” gebore, het hy gesê.
Hierná het die VN se algemene vergadering in 1999 die program vir ’n vredeskultuur aanvaar.
“Vrede is nie net die afwesigheid van konflik nie. Dit is van gesprek en ooreenkomste afhanklik,” het Ilboudo gesê.
Volgens hom moet diskriminasie uit die weg geruim word om inklusiewe, vreedsame en veerkragtige samelewings te bou.
Dít is ook ’n rede waarom vryheid van uitdrukking ’n volhoubare ontwikkelingsdoel is.
Hy het gesê sy kantoor is tans besig om interkulturele gesprekke te reël waarna tradisionele owerhede uitgenooi sal word om insette oor onderwyshervorming te lewer.
Dít sodat stereotipes oor ander stamme in Namibië se onderwysstelsel getakel kan word.
“Intergodsdiens-gesprekke is ook uiters belangrik. Kyk net na Boko Haram en Al-Sjabaab. Ons beplan om binne twee maande so ’n inklusiewe gesprek te voer,” het hy gesê.
“Inter-etniese gesprekke en die geleentheid om saam te sit en mekaar beter te leer ken, moet ook plaasvind.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie