Konflikbemiddeling in Istanboel onder die soeklig
Konflikbemiddeling in Istanboel onder die soeklig

Konflikbemiddeling in Istanboel onder die soeklig

Volgens Turkye se ambassadeur in Namibië staar die mensdom in die 21ste eeu ’n reuse-uitdaging in die gesig.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Twee internasionale bemiddelingskonferensies oor hoe om vrede te bewerkstellig en konflik op te los, vind vandeesweek in Istanboel, Turkye, plaas.

Die een is die vyfde Istanboel-bemiddelingskonferensie waarvan die tema “Bevorder die gebruik van bemiddeling vir volhoubare vrede” is. Die ander een is die tweede konferensie vir lidlande van die Organisasie vir Islamitiese Samewerking (OIC).

Me. Berin Tulun, Turkye se ambassadeur in Namibië, sê die Istanboel-bemiddelingskonferensie vertolk ‘n belangrike rol in die daarstelling van ‘n agenda met stappe vir vredesbemiddeling en konflikoplossing.

Daarteenoor bespreek die OIC-konferensie die verwantskap tussen volhoubare ontwikkeling, vrede en bemiddeling, asook die wyse waarop die jeug en vroue by die proses betrek kan word en die rol wat data en kunsmatige intelligensie in die ontleding van konflik kan vertolk.

“As die gasheer van hierdie konferensies en die enigste land wat as medevoorsitter van die Vriende van Bemiddelingsgroepe in die OIC, die Verenigde Nasies en die Organisasie vir Sekuriteit en Samewerking in Europa (OSCE) dien, kan Turkye die bevindinge van hierdie konferensies met die internasionale gemeenskap deel,” sê sy.

Tulun sê die mensdom staar in die 21ste eeu ‘n reuse-uitdaging in die gesig. “Net toe ons dink die glas is halfvol in terme van prestasies in internasionale reg, demokrasie, die oppergesag van die reg, verantwoordbaarheid, vrye handel en geslagsgelykheid, het dinge begin verander. Handelsoorloë, nuwe vorme van internasionale uitbuiting, geopolitieke mededinging, terrorisme, vreemdelingehaat, die verval van nasiestate, weerstand teen Islamiete en ongelykheid maak die glas skielik halfleeg.”

Tulun sê die nuwe uitdagings maak dít wat reeds vermag is, ongedaan.

“’n Benadering van wag en sien gaan nie werk nie. Die beleidsopsies is bemiddeling, of om met geweld teen terroriste op te tree.”

Sy sê Turkye doen sy bes om menslike lyding te verlig en huisves die grootste getal internasionale vlugtelinge ter wêreld en bestee meer as die wêreld se grootste ekonomieë aan humanitêre nood.

Verder het Turkye ooreenkomste bewerkstellig wat die lewens van honderde duisende mense gered het en ‘n politieke oplossing gevind het vir die territoriale integriteit van sy buurland, Sirië.

Tulun sê Sirië is ‘n bewys van hoe konflik reeds een geslag se lewens verwoes het en hoe die toekoms steeds uitsigloos lyk.

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!