Kongo-Brazzaville moet verpligtinge by Loudima nakom
Die probleme wat Namibiese studente by die gesamentlike Namibies-Kongolese instituut vir beroepsopleiding in Loudima in Kongo-Brazzaville ondervind het, is deur die kabinet bespreek.
Estelle de Bruyn - ‘n Hoëvlak-gesant sal eersdaags met die regering van Kongo-Brazzaville in gesprek tree, om ‘n versoek te rig dat die land aan sy verbintenisse ten opsigte van onder meer die voorsiening van water, elektrisiteit en internettoegang by die Loudima Instituut vir Tegniese en Beroepsopleiding in die land voldoen.
Dit blyk uit die jongste besluite wat die Kabinet verlede week geneem het.
Die adjunkminister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, het Vrydag die besluite tydens ‘n nuuskonferensie bekend gemaak.
Die Loudima Instituut is ‘n gesamentlike onderneming deur die Namibiese en Kongolese regerings. Ontevrede studente aan hierdie instituut het na Namibië teruggekeer omdat daar nie in hul basiese behoeftes voldoen is nie.
Gevolglik het die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing ‘n verslag oor die omstandighede daar opgestel en aan die kabinet voorgelê.
Die Kongolese regering sal ook versoek word om op lang termyn die instituut met die land se nasionale water- en elektrisiteitsnetwerk te verbind.
Die kabinet het die ministerie opdrag gegee om die studente wat bereid is om terug te gaan Loudima toe, terug te stuur en/of nuwe studente te werf om daar te studeer nadat die voltooiing van deurlopende verbeterende maatreëls geverifieer is. Dit sluit onder meer die installasie van ‘n watersuiweringstelsel, ‘n sonkrag-elektrifiseringsaanleg vir die instituut en die versekering dat al die nodige onderrig- en leermateriaal en toerusting beskikbaar is, insluitend onderrig in die Franse taal.
Die Namibiese regering het onderneem om die basiese onderwysmateriaal, insluitende onderrig- en leermateriaal vir beroeps- en praktiese vakke te voorsien.
Die ministerie sal voorts met die Kongolese eweknieministerie in verbinding tree om die onderrigprogram van die Franse taal tot ses maande te verleng. Die eerste maande se onderrig sal deur die Franco-Namibiese Kultuursentrum in Windhoek aangebied word as deel van die plaaslike voorbereidende oriëntering van gekose studente.
Die Namibiese deel van die Loudima-raad sal ontbind en vervang word.
Die kabinet het ook opdrag gegee dat die ministerie studente en onderwysers wat aansoek doen vir onderrig by Loudima, noukeurig keur.
Voorts moet die ministerie verseker dat die Loudima-leerplan ooreenstem met die leerplanne van beroepsopleidingsentrums in Namibië ten einde te verseker dat studente van die instituut sal kwalifiseer vir toelating tot Namibiese beroepsopleidingsentrums. Oorweging moet ook daaraan geskenk word om die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) as koördinerende gesag vir die aktiwiteite by Loudima te betrek.
Onvergenoegde oudstudente van Loudima moet by plaaslike beroepsopleidingsentrums geakkommodeer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie