Kongokoors: Vrou glo stabiel
Kongokoors: Vrou glo stabiel

Kongokoors: Vrou glo stabiel

Toetsuitslae moet bevestig of 'n man van die Noorde Dinsdag wel aan Kongokoors gesterf het.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die 54-jarige vrou van die Ontananga-nedersetting in die Oshikotostreek wat met Kongokoors in die hospitaal opgeneem is, verkeer in ’n stabiele toestand.

Intussen word steeds op die uitslae van toetse gewag om te bepaal of ‘n 77-jarige man van dieselfde nedersetting, wat Dinsdag in die Onandjokwe-distrikshospitaal dood is, aan die siekte gesterf het.

Volgens me. Selma Roberts-Matyenyika, nasionale waarnemingsbeampte by die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), was die man die vrou, wat tans in die hospitaal vir die siekte behandel word, se buurman.

Roberts-Matyenyika het voorts gesê die uitslae van die toetse word vandag of môre verwag.

Volgens haar is die man Dinsdagmiddag reeds volgens riglyne vir ‘n veilige begrafnis begrawe, soos wat vereis word wanneer Kongokoors – ‘n hoogs aansteeklike virale siekte – vermoed word.

“Die begrafnis moet aan streng beheermaatreëls vir hoogs aansteeklike siektes voldoen om die risiko van besmetting tot die minimum te beperk. Dit beteken die persoon moet binne vier ure ná sterfte begrawe word,” het Roberts- Matyenyika gesê.

Sy het verduidelik alles wat tydens die behandeling van die pasiënt gebruik is, insluitende beddegoed en klerasie, word saam met die oorledene begrawe.

‘n Span, wat spesiaal vir die taak opgelei is en beskermende klere dra, is die enigste mense wat die lyk en begrafnis mag hanteer.

Die oorledene word in ‘n spesiale sak en ‘n spesifieke afstand van ander mense af begrawe.

“Wanneer iemand aan die siekte sterf, kontak ons die naaste dorpsraad onmiddellik om ‘n geskikte perseel aan te wys waar die persoon begrawe kan word. Die graf is ook dubbel die grootte van ‘n normale graf, en familielede wat die begrafnis bywoon, word beperk.”

Volgens Roberts-Matyenyika moet familielede 50 tot 100 m van die graf af staan, omdat hulle nie beskermende klere aanhet nie.

Sy het gesê enigiemand wat in kontak was met iemand wat vermoedelik Kongokoors het, word daagliks vir 13 dae, die siekte se inkubasietydperk, gemonitor.

In die geval van die man wat vermoedelik aan die siekte gesterf het, word sy vrou vir waarneming in kwarantyn gehou om te sien of sy simptome van die siekte ontwikkel.

Kommentaar

Republikein 2024-06-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Currency: GBP to NAD 23.32 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.87/OZ UP +1.19% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0067 | Zinc US$ 2 939.10/T DOWN -0.47% | Brent Crude Oil US$ 85.58/BBP UP +0.41% | Platinum US$ 987.84/OZ DOWN -0.0205 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 9° | 26° Rundu: 9° | 26° Eenhana: 12° | 29° Oshakati: 11° | 28° Ruacana: 12° | 29° Tsumeb: 12° | 24° Otjiwarongo: 9° | 23° Omaruru: 13° | 25° Windhoek: 8° | 20° Gobabis: 8° | 21° Henties Bay: 18° | 28° Wind speed: 53km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:16, High tide: 07:21, Low Tide: 02:00, High tide: 19:54 Swakopmund: 18° | 22° Wind speed: 49km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:19, Low Tide: 02:00, High tide: 19:52 Walvis Bay: 21° | 26° Wind speed: 48km/h, Wind direction: NE, Low tide: 13:14, High tide: 07:18, Low Tide: 02:00, High tide: 19:51 Rehoboth: 8° | 22° Mariental: 10° | 23° Keetmanshoop: 11° | 23° Aranos: 10° | 23° Lüderitz: 21° | 31° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 19° | 30° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 10° | 21° Lubumbashi: 10° | 26° Mbabane: 10° | 19° Maseru: 5° | 16° Antananarivo: 7° | 19° Lilongwe: 13° | 25° Maputo: 15° | 24° Windhoek: 8° | 20° Cape Town: 17° | 27° Durban: 14° | 22° Johannesburg: 9° | 16° Dar es Salaam: 21° | 29° Lusaka: 12° | 23° Harare: 11° | 19° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.32 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.47 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.33 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 853.63 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.98 | USD to KES 128.73 | USD to NGN 1498.36 | USD to ZAR 18.45 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1781.79 Down -0.12% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13356.07 Down -0.4% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27500.56 Up +0.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9323.23 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.87/OZ UP +1.19% | Copper US$ 4.34/lb DOWN -0.0067 | Zinc US$ 2 939.10/T DOWN -0.47% | Brent Crude Oil US$ 85.58/BBP UP +0.41% | Platinum US$ 987.84/OZ DOWN -0.0205