Kongreslid skok met stelling oor verkragting, bloedskande
’n Republikeinse lid van Amerika se huis van verteenwoordigers het Woensdag gesê hy wonder of die mens as ras sal voortbestaan sonder verkragting en bloedskande.
Lede van Steve King se eie party en die Demokratiese Party het hom erg gekritiseer. Hy het enkele maande gelede opmerkings gemaak wat wyd as rassisties beskou is.
King het die opmerkings oor verkragting gemaak tydens ’n ontbytgeleentheid in sy tuisstaat Iowa terwyl hy verduidelik het hoekom hy teen aborsies is.
“As ons teruggaan deur al die familiegeskiedenis en almal uithaal wat ’n produk van verkragting of bloedskande is, sou daar enige populasie in die wêreld oor wees?”
King het gepraat voor 50 lede van die Westside Konserwatiewe Klub in Urbandale.
“As ek dink aan al die oorloë en al die verkragtings en plundery deur verskillende nasies, weet ek dat ek nie kan sê ek is nie die produk daarvan nie,” het hy bygevoeg.
Liz Cheney, ook ’n Republikeinse verteenwoordiger van Wyoming wat haarself as konserwatief beskryf, het getwiet dat King se opmerkings “skrikwekkend en bisar” is.
“Dit is tyd vir hom om te gaan. Die mense van Iowa verdien beter.”
King is in November vir die negende keer verkies. Die storm in Januarie vanjaar het ontstaan nadat hy tydens ’n onderhoud met die New York Times gevra het wat is dan nou so aanstootlik aan die term “wit heerskappy”.
In reaksie het die huis van verteenwoordigers al sy take in komitees opgeskort.
Die kwessie van aborsie word aktief in talle state bespreek en veral state onder Republikeinse beheer wil strenger wette deurvoer.
In Alabama is ’n wet deurgevoer dat alle aborsies verbied word, selfs in gevalle van verkragting en bloedskande.
King is ook teen uitsonderings vir verkragting en bloedskande.
Beto O’Rourke, Texas se Demokratiese verteenwoordiger wat ook staan vir die presidentskandidaat van sy party, het getwiet: “Daar is nie plek vir Steve King se rassisme, bekrompe denke en haat in die kongres nie.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie