Kongrespolitiek bou stoom op
Kongrespolitiek bou stoom op

Kongrespolitiek bou stoom op

Ileni Nandjato
Ileni Nandjato – In die aantog na die Swapo-kongres het harde houe Saterdag op Oshakati teen president Hage Geingob en sy span geval.

Span Swapo en Span Hage sê mekaar die stryd aan in die verkiesing van die regerende party se nuwe topleiers.

Volgens me. Petrina Haingura is die party in die intensiewesorgeenheid danksy swak leierskap en skendings van die bevrydingsbeweging se grondwet. Herstel en vernuwing is volgens haar al uitweg en daarom moet die party se leierskap uit Geingob se hande geneem word. Span Swapo beskou Geingob steeds bloot as Swapo se waarnemende hoof.

Haingura het aangevoer Span Hage wil demokrasie pypkan en sonder slag of stoot wen deur sy kandidate op volgelinge af te dwing.

“Hierdie plan is ‘n droom en Span Swapo en partylede sal dit nie toelaat nie,” het sy tydens ‘n verkiesingsvergadering gesê.

Volgens mnr. Nahas Angula het hy hom as partypresident verkiesbaar gestel om te verhoed dat Swapo homself en die land se ekonomie vernietig. Die party behoort volgens Angula nie aan die elite nie en die regering kan nie teen die huidige tempo aanhou geld leen nie. “Ons moet opstaan en ons land red,” het die voormalige eerste minister gesê.

“Swapo se wortels het uitgedroog en ek is hier en gereed om dit water te gee sodat dit die gewenste vrugte dra,” het mnr. Jerry Ekandjo aangevoer.

Me. Pendukeni Iivula-Ithana het mense aangemoedig om vir Span Swapo se kandidate te stem. Volgens haar voer Geingob ‘n rasseveldtog met propaganda wat verdeling saai.

Volgens mnr. Helmut Angula maak Span Hage talle beloftes aan afgevaardigdes by die kongres om hul stemme te koop. Daar word glo N$1 000 vir elke stem beloof. Angula het gesê Span Swapo verteenwoordig die hele party terwyl Geingob se veldtog om homself gebou is.

Mnr. Armas Amukwiyu het gesê hy sal die jeug verteenwoordig. “Ek onderneem hier en nou dat die kantoor van die sekretaris-generaal nooit weer gebruik sal word om die Swapo-grondwet te oortree nie,” het hy gesê. “Daardie kantoor sal nooit as werktuig gebruik word om teen mense te veg nie. Dit sal ‘n kantoor wees wat kwessies moet aanspreek.”

Volgens me. Martha Namundjebo-Tilahun sal sy haar sakevernuf inspan om alle Namibiërs van voorspoed te verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!