• Tuisblad
  • Afrika
  • Koning Mswati III stem saam Eswatini moet oor geweldpleging praat
Koning Mswati III stem saam Eswatini moet oor geweldpleging praat
Koning Mswati III stem saam Eswatini moet oor geweldpleging praat

Koning Mswati III stem saam Eswatini moet oor geweldpleging praat

Ronelle Rademeyer
Koning Mswati III stem saam nasionale dialoog moet oor die geweldpleging in Eswatini gevoer word.
Dit volg nadat ‘n afvaardiging van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se groepering vir veiligheid, politiek en sekuriteit dié bergkoninkryk besoek het. Pres. Cyril Ramaphosa is die voorsitter van dié groepering.
Hy het vroeër die week vir oudminister Jeff Radebe en twee ander Suid-Afrikaanse afgevaardigdes saam met verteenwoordigers van die regerings van Namibië en Botswana na Mbabane gestuur om met koning Mswati III te gaan praat oor die voortslepende geweldpleging.
Ramaphosa sê in ‘n verklaring wat Saterdag deur die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking uitgereik is, alle belanghebbendes met wie samesprekings gevoer is, stem saam nasionale dialoog is die geskikte platform om oor die huidige uitdagings in die land te praat.
“Dit is teen hierdie agtergrond en verwikkeling wat ek 'n beroep doen op beide kante vir kalmte, selfbeheersing, respek vir die oppergesag van die reg en menseregte vir almal sodat die proses kan begin,” sê Ramaphosa.
“Ek wil SADC se solidariteit en ondersteuning aan die mense en die regering van Eswatini vir die bereiking van praktiese en volhoubare oplossings vir vrede in die land, bevestig,” lui sy verklaring.
Die geweldpleging in Eswatini duur nou al maande. Dit is hoofsaaklik weens opstand teen Mswati wat demokratiese hervorming in die land onderdruk.

Foto: Zambia24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!