Koning Salman skuif kroonprins opsy
’n Reeks ministeriële en diplomatieke geleenthede waarby die omstrede kroonprins van Saoedi-Arabië nie teenwoordig was nie, het tot berigte gelei dat hy van sekere pligte onthef is.
Koning Salman van Saoedi-Arabië het glo tydens ’n byeenkoms met ’n groep senior ministers gesê kroonprins Mohammed bin Salman se verantwoordelikhede met betrekking tot finansiële en ekonomiese sake is ingeperk.
’n Vertroueling van die koning, Musaed al-Aiban, sal luidens The Guardian glo sy oog oor die geldsake hou. Al-Aiban is ook onlangs as nasionale veiligheidsraadgewer aangestel. Hy het aan die Harvard-Universiteit in die VSA gestudeer.
JAMAL KHASHOGGI
Sedert Mohammed by die moord op die joernalis Jamal Khashoggi betrek is, is sy verhouding met die koning glo nie wat dit moet wees nie.
Die besluit om die kroonprins se pligte minder te maak, is nie in die openbaar aangekondig nie, het die webtuiste democraticunderground.org berig.
Die koning het Mohammed glo wel gevra om ’n onlangse kabinetsvergadering by te woon, maar sy seun het nie opgedaag nie, berig The Guardian.
Kenners oor die Midde-Ooste is nie seker wat daartoe aanleiding gegee het dat die kroonprins ’n bietjie eenkant toe geskuif is nie. Redes wat genoem word, is Khashoggi se moord en kommer oor die koninkryk se rol in die konflik in Jemen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie