Koning 'te streng' met hoë lobola
Mzwakhe Phiri (30) is 'n doodgewone Swazilandse burger met 'n groot probleem.
Die liefde van sy lewe is die oudste dogter van die koning van Swaziland en hy wil met haar trou. Maar haar pa, koning Mswati III, eis 300 beeste as lobola. Dit sal maklik R3 miljoen kos, wat Phiri nie het nie.
Dié afgetrede basketbalspeler wat vroeër in Finland, Italië en Mosambiek gespeel het, rig deesdae basketbalspelers af by sy akademie in Mbabane. Die akademie se leuse is: “Maak klaar wat jy begin het.”
Maar of Phiri die romanse wat hy met prinses Sikhanyiso (30) begin het, gaan klaarkry, is nog 'n ope vraag.
Selfs al sou hy die beeste kon bybring, het hy steeds die toestemming van die koninklike familie nodig.
Joyce Sukumane, 'n kenner van die Swazi-kultuur aan Unisa, het aan City Press gesê die feit dat daar nie koninklike bloed deur Phiri se are bruis nie, behoort nie in die pad van die huwelik te staan nie.
Daar is gerugte dat die planmaker deur 'n soort skarefinansiering probeer om die lobola bymekaar te maak. Hy vra glo Malawiërs wat in Swaziland woon vir bydraes, omdat sy oupa in Malawi gebore is.
Die koninklike huis en Phiri wou nie kommentaar gee nie.
Sukumane sê dit is nie Swazi-kultuur om iemand met lobola bankrot te maak nie. “Koning Sobhuza (Mswati III se pa) sal in sy graf omdraai oor die 300 beeste.” – Netwerk24/City Press

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie