Koning verander Swaziland se naam na eSwatini
Koning Mswati III van Swaziland het Donderdag aangekondig dat die land amptelik tot die Koninkryk van eSwatini – “land van die Swazi's” – hernoem sal word.
Die koning is die laaste monarg in Afrika wat nog absolute beheer oor 'n land behou.
Hy het dié aankondiging op die viering van die land se goue herdenkingsjaar gemaak, waar die 50ste jaar sedert bevryding en die koning se 50ste verjaardag gevier is.
Mswati het al verskeie kere die laaste jare na die “Koninkryk van eSwatini” verwys, soos met sy toespraak voor die VN se algemene vergadering in 2017 en op berade van die Afrika-Unie en ander internasionale organisasies.
Tydens die vieringe in 'n stadion in Manzini, 40 km oos van die hoofstad, Mbabane, het Mswati gesê Swaziland keer terug na sy oorspronklike naam voordat dit deur Brittanje gekolonialiseer is.
Dié land het in 1968 onafhanklik van Brittanje geword.
“Ek wil graag aankondig dat ons land van vandag af as die Koninkryk van eSwatini bekend sal staan,” het Mswati gesê.
Volgens die koning het die naam “Swaziland” verwarring veroorsaak. “Wanneer ons na die buiteland gaan, verwys mense na ons as Switserland.”
Hy sê die land moet 'n naam hê waarmee die mense hulle kan “vereenselwig”.
Die meeste van die inwoners van Swaziland maak 'n lewe uit landbou, veral met die kweek van suikerriet. Daar is wydverspreide armoede, terwyl die land die hoogste voorkoms van MIV/vigs ter wêreld het.
– Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie