Koningin by Orde van die Kousband
Koningin Elizabeth en senior koninklikes het Maandag by die St. George-kapel in Windsor saamgetrek vir die eeue oue en seremoniële Orde van die Kousband. Prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, het nie die geleentheid bygewoon nie. Die Orde van die Kousband is amper 700 jaar gelede deur koning Edward III ingestel en is een van die oudste ordes. Koningin Elizabeth en Camilla, hertogin van Cornwall, het ná die plegtigheid in die St. George-kapel per koets na die koningin se wooneenheid in die Windsor-kasteel gereis. Foto Netwerk24/Getty King
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie