Koningin Elizabeth II se 92ste verjaardag gevier
Koningin Elizabeth II se 92ste verjaardag gevier

Koningin Elizabeth II se 92ste verjaardag gevier

Die Britse hoë kommissaris het die Red die Renosterfonds vir hul dapperheid in die stryd teen renosterstropery geprys.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Britse hoëkommissariaat het Woensdag Koningin Elizabeth II se 92ste verjaardag op 'n luisterryke manier saam met Elemotho, die Red die Renosterfonds (SRT), Pimms en vis en tjips gevier.

“In 'n tyd van onsekerheid in die wêreld het prins Harry en Meghan Markle se koninklike troue vir ons die wonderlike geleentheid gegee om van ons sorge te vergeet,” het die Britse hoë kommissaris, me. Kate Airey, gesê.

“Ek het geen twyfel nie dat prins Harry sy nuwe vrou na hierdie deel van Afrika gaan bring waarvoor hy so lief is nie,” het sy gesê.

“Prins Harry het Namibië in 2015 besoek om met die SRT saam te werk.

“Dit is 'n welsynorganisasie wat hom baie na aan die hart lê.”

Airey het gesê: “Almal hier weet Namibië is 'n fantastiese toeriste­bestemming en nou, danksy die mag van die wêreldmedia, weet almal in Brittanje, indien nie die hele wêreld nie, dit ook.

“Namibië, wees gereed!”

Volgens Airey ondersteun prins Harry die SRT in hul moeilike en dikwels gevaarlike werk.

Sy sê die stryd teen onwettige wildhandel is net so belangrik vir ­Brittanje soos vir Namibië en ander internasionale vennote, daarom is Brittanje vir die vierde keer gasheer van die internasionale konferensie oor onwettige wildhandel in Oktober.



konferensie

Volgens Airey gaan mnr. Colgar Sikopo, direkteur van ­nasionale parke en wildlewe in die ­ministerie van die omgewing en toerisme, en me. Leonie Dunn, direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC), vandeesmaand 'n konferensie oor oorgrens-wildmisdaad by Wilton Park in Brittanje bywoon.

Dít “om te help besluit watter stappe die internasionale gemeenskap kan doen om te verseker dit het 'n impak op Namibië”.

Mnr. Simson Uri-Khob, die SRT se uitvoerende hoof, het gesê: “Ek is ­optimisties oor wat ons almal saam in die toekoms kan vermag.

“Saam kan en gaan ons die stryd wen om die renoster te red.”

Gaste is getrakteer op musiek van die internasionaal bekroonde ­Namibiese sanger Elemotho, 'n ­dansuitvoering van OYO en die Mondessa Youth ­Opportunities se koor wat die liedjie “Save the Rhino” gesing het.

Dit is deur wyle Blythe Loutit, mede­stigter van die SRT, saam met haar niggie, Jane Gold, gekomponeer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!