u2018Koningin Elizabeth kry minder penniesu2019
u2018Koningin Elizabeth kry minder penniesu2019

‘Koningin Elizabeth kry minder pennies’

Die koningin het vanjaar die kleinste verhoging in ses jaar van die Britse tesourie ontvang.
Koningin Elizabeth II gaan dalk moet begin om haar pennies te tel.

Die koningin het vanjaar die kleinste verhoging in ses jaar van die Britse tesourie ontvang.

Dit volg nadat ’n nuwe reëling ses jaar gelede getref is oor presies hoe haar vergoeding bereken word.

Luidens die 2018-begroting wat die Britse tesourie dié week bekend gemaak het, gaan die 92-jarige koningin £82,4 miljoen (sowat R1,5 miljard teen die huidige wisselkoers) vir die volgende finansiële jaar ontvang.

Dit is ’n verhoging van net 0,2% in vergelyking met die vorige 12 maande en beduidend laer as September se 2,4%- inflasiekoers in Brittanje.

Sy is Brittanje se langste regerende monarg en kry openbare befondsing deur die inkomste van The Crown Estate, die boedel wat toesig hou oor die grond, paleise en juwele wat deur die dienende koningin besit word.

Sy het tussen 2012 en 2016 minstens 15% van The Crown Estate se winste van die tesourie ontvang, maar die koers het die volgende jaar tot 25% gestyg om vir die jarelange opknapping van Buckingham-paleis te betaal.

Gegrond op Brittanje se bevolking van 66 miljoen in 2017 kos die koningin elke burger gemiddeld £1,24 (R23,08) per jaar.

’n Woordvoerder van die tesourie wou nie kommentaar lewer oor die jongste begroting nie.

Hy sê die regering moes vorige jare plan maak met verhogings om vir opknappings by die paleis te betaal.

“Dit is ’n ikoniese gebou wat duisende toeriste lok. Daar was ’n ernstige brand- en vloedgevaar gewees.”

Adam Pritchard, woordvoerder vir The Crown Estate, wou nie kommentaar oor die nuutste begroting lewer nie.

Die koningin en haar naaste familie besit ook die wêreld se waardevolste seëlversameling.

Luidens Bloomberg se indeks van miljardêrs het die koningin ’n netto waarde van sowat £330 miljoen.

– Bloomberg/ Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!