Koninklike wittebrood in Namibië vir Harry en Meghan

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië is ‘n gewilde speelplek vir die superrykes en die glansmense.

Die rede is waarskynlik omdat hulle hier weg van die paparazzi se lang lense in vrede kan ontspan. Vra maar vir Angelina Jolie en Brad Pitt wie se dogter Shiloh hier gebore is, asook vir die miljardêr-sakeman en medestigter van Microsoft, Paul Allen, wat gereed hier kom uitspan.

Dit is daarom geen wonder nie dat Prins Harry en sy donkerkopbruid, Meghan Markle, glo beplan om nadat hulle op 19 Mei vanjaar afgehaak het, vir hul wittebrood na Namibië te kom.

Prins Harry is immers teen dié tyd al ‘n ou bekende aan die land vanweë die bewaringsaksie waarby hy in die verlede al betrokke was.

Die Britse koerant Daily Mail het gister berig dit is glo ‘n ope geheim dat die jong koninklike paartjie hul wittebrood as gaste in Natural Collection se luukse safarikampe sal deurbring. Die naam van Hoanib Valley Camp, wat eers in Mei sy deure open, word spesifiek genoem. Teen meer as N$8 000 per persoon per nag, is dit nie die tipe lodge waar die paartjie hulle teen hordes middelklastoeriste gaan vasloop nie.

Volgens dié koerant is Harry en Meghan glo aangeraai om by verskillende lodges te bespreek om nuuskieriges aan die raai te hou oor waar hulle hul bevind.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!