Koninklikes vier koningin se 92ste
Koninklikes vier koningin se 92ste

Koninklikes vier koningin se 92ste

Hoewel almal wou sien hoe Meghan, hertogin van Sussex, gevaar het met haar eerste verskyning op Buckingham-­paleis se balkon, was dit weer prinses Charlotte wat die kollig gesteel het. Die Vaandeldagparade, die amptelike herdenking van koningin Elizabeth se 92ste verjaardag, is Saterdag gehou te midde van streng sekuriteit en groot openbare belangstelling. Die verskyning van die uitgebreide koninklike gesin op Buckingham-paleis se balkon is 'n hoogtepunt op die konink­like kalender, veral as daar 'n nuwe hertogin is om dop te hou. Dit was prins Harry en Meghan, hertogin van Sussex, se eerste koninklike verpligting saam ná hul troue presies drie weke gelede in 'n sonnige Windsor. Benewens die parade word daar ook 'n kanonsaluut ter ere van die koningin afgevuur. 'n Verbyvlug oor die paleis – bestaande uit 23 vliegtuie, met die gesogte Red Arrows wat die finale verbyvlug gee – laat oud en jonk op die balkon in vervoering. Dit was vanjaar prinses Charlotte se opgewonde geklap met die verbyvlug wat die oog getref het. Foto Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!