Konkel Brittanje en EU saam vir eureka-oomblik?
Konkel Brittanje en EU saam vir eureka-oomblik?

Konkel Brittanje en EU saam vir eureka-oomblik?

Brittanje en die EU word daarvan beskuldig dat hulle nie met onderhandelinge oor Brexit vorder nie.
Brittanje en die Europese Unie (EU) moenie net voorgee dat hulle onderhandel oor ’n Brexit-ooreenkoms as daar geen nuwe voorstelle op die tafel is nie, het Michel Barnier gesê.

Barnier, die EU se hoofonderhandelaar, sê dis “nie genoeg” as Brittanje net aan die EU sê waarvan hy nie in die huidige ooreenkoms hou nie, het die BBC berig.

Boris Johnson, Barnier en Jean-Claude Juncker, president van die Europese kommissie, het Maandag in Luxemburg middagete geniet.

Vroeër is berig Johnson het gesê hy sal nie ’n verdere uitstel van Brexit ná 31 Oktober aanvaar nie ondanks die feit dat die Britse parlement ’n wet aanvaar het wat hom dwing om dit te doen as daar teen dié tyd nog geen ooreenkoms is nie.



Juncker het gesê die ete was “vriendelik en konstruktief”, maar dat daar geen vordering was met die hoofprobleem, naamlik dat Brittanje nie die onderhandelde Ierse agterdeur aanvaar nie.

Juncker het dit duidelik gemaak dat hy in die laaste paar weke in sy pos steeds aan die Republiek van Ierland se kant sal wees. Dit is ’n teleurstelling vir mense wat gedink het hy sal toegee sodat ’n ooreenkoms sy nalatenskap kan wees.

Barnier het versigtig saamgestem met die idee van ’n enkele Ierse sone vir plant- en dierelewe, maar gesê hoewel hy nie emosioneel verbind is tot die agterdeur nie, staan hy by die beginsels wat daarin vervat is.

Die agterdeur is die plan om te verseker handel kan tussen die Republiek van Ierland (EU) en Noord-Ierland (deel van Brittanje) voortgaan sonder dat daar weer fisieke grensposte opgerig word.

“Ek het mnr. Johnson gevra om met geskrewe voorstelle te kom,” het Barnier gesê.

Die Europese parlement het gestem dat enige Brexit ’n agterdeur moet hê en ook gestem dat hulle Brittanje verdere uitstel tot ’n datum ná 31 Oktober sal gee as hy dit vra.

Nigel Farage, leier van die Britse Brexit-party, het gesê dit is vir hom duidelik dat Brittanje en die EU saamspan om ’n ooreenkoms te bereik wat hulle dan volgende maand ’n “oorwinning” vir albei kante gaan noem.

HOOGGEREGSHOF

Intussen het die Britse hooggeregshof die afgelope drie dae argumente van alle kante aangehoor sodat hy ’n beslissing kan neem of die opskorting van die parlement deur Johnson wettig of onwettig was.

Lady Hale, die mees senior regter in Brittanje, het gesê die saak is ’n “ernstige en moeilike wetspunt”.

Sou dit onwettig wees, het Johnson se raad aan koningin Elizabeth haar die wet laat oortree. Sy het Johnson se voorstel goedgekeur.

Met die skryf van hierdie berig het die argumente steeds voortgeduur. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!