Konsortium-Merino ideaal vir intensiewe toestande
Op die Roots-plaas by Stampriet vaar Konsortium-Merinos uitstekend onder intensiewe toestande.
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese kleinveebedryf word nie met intensiewe produksiestelsels vereenselwig nie en wolskape soos Merinos is nie ’n ras wat jy aldag op skaapplase in die Suide teëkom nie.
By Roots buite Stampriet lyk sake egter anders. Hier word onder intensiewe toestande met Konsortium-Merinos geboer.
Dit is die plaas waar die sakeman en ontwikkelaar Johan Rieckert besig is om die unieke konsep van ’n landboudorp te vestig, met talle individuele boerderye wat mettertyd tot grootskaalse voedselproduksie sal bydrae.
Dié ras is gekies vanweë sy optimale vleis- en wolproduksie, sê Piet Blaauw, bestuurder van die kleinvee-afdeling op die plaas.
’n Veeltal ander produksielyne is ook reeds op Roots gevestig. Die gewasse sluit pekanneute, bloubessies, appels, sitrus, wingerd, lusern en groente in, terwyl daar ook met hoenders en kwartels geboer word. Die Boer gaan in komende uitgawes meer hieroor berig.
HOEKOM DIE RAS?
Die Konsortium-Merino is in 1996 uit ’n unieke vennootskap tussen vier Merinotelers van Victoria-Wes in die Karoo gebore. Min het hulle toe geweet die besluit wat destyds deur hulle om ’n braaivleisvuur bekragtig is, sal een van die Merinobedryf se grootste genetiese suksesse opgelewer nie.
Oor die jare heen het die Konsortium-Merinotelers weggebreek van die tradisionele plooi-Merino’s deur die natuur as vernaamste selekteerder in te span.
Die resultaat was ’n groter, gladder Merino met ’n oop gesig en ligter onderlyne, wat op natuurlike veld presteer. Wat die Konsortium-tipe inboet op woldigtheid, word voor vergoed in wollengte. Die reproduksie- en moedereienskappe is beter, en die skaap spog met goeie konstitusie, verduidelik die telers op hul webblad, consortium-merino.com.
Piet en sy vrou, Rita, het jarelange ondervinding in die skaap- en wolbedryf. Rita is opgelei in wolklassering by die Middelburg Landboukollege in die Oos-Kaap en beskik oor ’n Springbokkop. Die Springbokkop is die hoogste vlak in wolklassering en word as waarborg beskou dat skeersels volgens uiters hoë standaarde geklas is, verduidelik sy dié prestasie.
Piet sê in ’n intensiewe stelsel kies jy ’n ras met die beste moontlik lampersentasie. Verder lewer ’n dubbeldoelras soos die Konsortium-Merino wol en vleis, wat ’n groter inkomste per skaap moontlik maak.
“Ons skeer die skape op agt maande en kan hom dan steeds as ’n lam slag en die prysvoordeel van ’n lam kry. Anders kan jy ook jou lam vroeër slag as jy bereid is om die wol in te boet,” sê Piet.
“Verder is die Konsortium-Merino se meerlingsyfer baie hoog en het ons ’n lampersentasie van 170%, en ’n speenpersentasie van 160-165%. Onder ekstensiewe toestande is die speenpersentasie natuurlik baie laer vanweë verliese weens ongediertes.”
Op Roots is daar reeds sowat 500 ooie. “Ons wou nog ooie invoer, maar kon dit as gevolg van bek-en-klouseer in Suid-Afrika nie doen nie.”
VOERPLAN
Om produksiekoste laag te hou, vervaardig Piet ’n ruvoerpil van lusern en mielies, met bietjie melasse daarby. Die lusern word op die plaas geproduseer.
“Wanneer die ooie gelam het, gaan ons oor op ’n goeie intensiewe lek om te sorg dat daar meer proteïen by die lam uitkom. As jy intensief boer, kan jy nie al jou voer by die koöperasie koop nie. Dan vreet die ooi haar geld en dié van haar lam op,” sê hy oor die belangrikheid van kostedoeltreffende voerbestuur.
Hy sê ’n groot ooi kry 1,5 kg voer per dag. “Ons probeer hulle kondisie op 3,5 hou, en vat dit op na 4 net voor hulle gedek moet word. Hulle ovuleer dan beter en die besettingsyfer is hoër. As ’n ooi se kondisie 5 is, is sy te vet en raak sy nie beset nie.”
3 LAMMERS IN 2 JAAR
“Wat ons lamseisoene betref, werk ons op ’n 24 maande stelsel, wat ons in drie tydperke van agt maande elk opdeel.
“Ons laat lam die ooie drie keer in daardie 24 maande,” sê Piet, en verduidelik hulle deel die ooie in agt groepe op.
“Die groepe word gesinchroniseer sodat daar elke maand ’n groep ooie is wat lam, en ’n groep lammers is wat oud genoeg is om te kan speen.”
Hy sê dié noukeurige lamseisoen-beplanning lewer een lam per ooi méér op as wat onder ekstensiewe toestande moontlik is.
WOLPRODUKSIE
Rita sê die ooie lewer elk sowat 3 kg wol op en die ramme 5 kg. Die inkomste per ooi uit die wol beloop sowat N$500.
Haar taak is om wanneer die skeerders klaar is, die vag te ontleed en te klas.
Die volgende klasse wol word gewoonlik van ’n skaap afgeskeer:
1. Loks
2. Penswol en afrandsels
3. Vagstukke
4. Rugwol
5. Vagwol
In elke klas word verskillende kodes toegeken om die gehalte aan te dui.
Ná klassering word die wol gebaal, in sakke gesit en gepers voordat dit na Port Elizabeth vervoer word waar dit op die wolveiling verkoop word, vertel Rita.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie