Konsternasie toe man Eiffeltoring uitklim

Die Eiffeltoring in Parys, Frankryk, is Maandag vir ure lank gesluit nadat 'n man teen die buitekant van die toring uitgeklim het en geweier het om af te kom.

Reddingswerkers het met die man onderhandel nadat die toring ontruim is. Duisende mense besoek die toring elke dag.

Beeldmateriaal van hoe die man 324 m in die lug bo Parys hang is op televisie uitgesaai.

Die Eiffeltoring se operateur, wat met Reuters gepraat het, maar wie se naam nie bekend gemaak is nie, sê die man het soos enige gewone mens die monument binnegegaan, maar toe oor die veiligheidshekke op die tweede vloer geklim en buite teen die toring uitgeklouter.

“Die brandweer het omstreeks 21:30 daarin geslaag om tot die persoon deur te dring. Hy is nou in die bekwame hande van die owerhede.” – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!