Konstruksie: SA moet nou bou dat dit bars
Drie van die buurland se sewe genoteerde konstruksiegroepe is op die rand van die graf.
Antoinette Slabbert – Dit blyk nog ’n genoteerde konstruksiegroep is baie naby aan die afgrond.
Stefanutti Stocks, wie se resultate vir die jaar tot einde Februarie dié week bekend gemaak is, se ouditeure het hulle weerhou om die groep se state te kwalifiseer weens kommer oor die groep se vermoë om sy verpligtinge na te kom – maar net omdat die bestuur reeds ’n reddingsplan in werking gestel het.
Dit kom nadat Basil Read en Group Five vroeër in sakeredding geplaas is.
Dit beteken drie van die land se sewe genoteerde konstruksiegroepe is op die rand van die graf.
Van die ander het Murray & Roberts hom reeds geruime tyd uit die suiwer konstruksiemark onttrek, en Aveng is ook diep in die knyp met sy aandeelprys op ’n skrale 3c.
Raubex, wat tradisioneel op padbouwerk gefokus het, het met die bekendmaking van sy jaarresultate vroeër vandeesmaand ’n massiewe afname in sy winsgewendheid getoon. Wilson Bayly-Holmes-Ovcon (WBHO) se laaste stel tussentydse resultate vertel dieselfde storie.
Raubex se uitvoerende hoof, Roelof Fourie, het die afgelope boekjaar beskou as “sonder twyfel die moeilikste wat ek in my 30 jaar in die padboubedryf ervaar het”.
Willie Meyburgh, wat binnekort aftree ná ’n lang loopbaan aan die hoof van Stefanutti Stocks, het dit in ’n gesprek op RSG Geldsake beaam met betrekking tot die breër Suid-Afrikaanse konstruksiebedryf.
Kusile
Een van die grootste knelpunte by Stefanutti Stocks is kontraktuele geskille met Eskom oor werk by die kragreus se Kusile-bouprojek. Hoewel Stefanutti Stocks die eise aktief najaag, het die groep R263 miljoen in die verslagdoeningstydperk voorsien om die werk te voltooi.
Dit het grootliks bygedra tot die netto verlies van R111 miljoen en 66c per aandeel wat die groep die afgelope week gerapporteer het. (Rapport het vroeër berig dat uitstaande kontrakteurseise teen Eskom by Kusile sowat R36 miljard beloop.)
Stefanutti Stocks se ouditeure, Mazars, het verder daarop gewys dat die groep se bedryfslaste sy bedryfsbates met R301 miljoen oorskry het teen jaareinde op 28 Februarie. Mazars sê die druk op die groep se likiditeit wek ernstige kommer oor sy vermoë om as ’n lopende saak voort te gaan.
Die groep se bestuur het egter reeds ’n finansieringsplan om sy kontanttekort aan te vul en dit is al deels tot uitvoer gebring, sê die ouditeure. Indien nodig, sal die groep selfs later nog aandele uitreik om geld te kry.
Op grond daarvan het die ouditeure besluit om Stefanutti Stocks nog grasie te gee en nie nou die state te kwalifiseer nie. Dit is egter duidelik dat enige haakplek in die verdere uitvoering van die plan die groep se voortbestaan in gevaar kan stel.
Fourie het die gebrek aan werk in die bedryf asook “gewelddadige gemeenskapsprotes wat van ons boupersele geraak het” as die redes vir die “baie ongunstige werksomstandighede in die Suid-Afrikaanse mark” bestempel.
Meyburgh het bevestig dat Stefanutti Stocks ook deurloop onder dié verskynsel, bekend as die “konstruksiemafia”.
apport het vroeër berig dat gewapende groepe toenemend konstruksiewerk ontwrig en eis dat 30% van die kontrakwaarde aan hulle as subkontrakteurs toegeken word. Dit het reeds daartoe gelei dat Aveng ’n multimiljardrand brugbou-projek met die nasionale padagentskap (Sanral) gekanselleer het. Die groep het in hofstukke gesê eise wat uit ’n dispuut met Sanral daaroor spruit, kan hom knak.
Dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum-groep, het die afgelope week ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om die leër se hulp in te roep om boupersele landwyd te beveilig. “Dit hoef die land se belastingbetalers nie veel ekstra te kos nie – en ’n semi-outomatiese geweer is nogal ’n goeie afskrikmiddel!”
Meyburgh sê met die druk op die groot konstruksiefirmas is daar kommer oor die bedryf se vermoë om infrastruktuurbesteding tot uitvoer te bring as die regering die geldkrane oopdraai.
Botha sê die land “moet bou dat dit bars” om ekonomiese groei te bewerkstellig. Hy sê as die regering bloot die bou van laekoste-behuising kan hervat en wanfunksionele munisipaliteite regruk sodat hulle regeringstoelae en hul inkomste uit eiendomsbelasting sinvol kan aanwend, sal die sukkelende konstruksiebedryf homself baie gou kan herposisioneer om voordeel daaruit te trek.
Anders as Meyburgh is Botha nie te bekommerd dat die konsolidasie van die genoteerde deel van die bedryf die uitvoer van infrastruktuurprojekte sal kortwiek nie. Hy sê die getal kleiner en middelslag maatskappye het die laaste paar jaar gegroei en die nodige vaardighede is steeds in die land beskikbaar. Hy verwag ’n oplewing voor die einde van die jaar. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie