Konstruksiesyfers lyk u00e1l droewiger
Konstruksiesyfers lyk u00e1l droewiger

Konstruksiesyfers lyk ál droewiger

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy - Die droogte eis ’n al groter tol op die konstruksiebedryf in die hoofstad: Die aantal bouplanne wat in die eerste ses maande vanjaar die groen lig by die Windhoek-munisipaliteit­ gekry het, is bykans 36% minder as die syfers vir dieselfde halfjaar in 2015.
Benewens die waterbeperkings in die hoofstad het ’n verlangsaming in vraag en die munisipaliteit wat bouplanne stadiger goedkeur, ook ’n rol in dié tuimeling gespeel, sê IJG Securities­ in sy ontleding van die nuutste statistiek.
Bouplanne wat van Junie 2015 tot Junie 2016 goedgekeur is, beloop 1 993. In Mei was dié kumulatiewe syfer oor 12 maande 2 129. Junie se syfer is opnuut ver onder die gemiddeld wat die afgelope 16 jaar aangeteken is.
Die konstruksiekrisis is nie net tot die hoofstad beperk nie. IJG sê konstruksie in beide Windhoek en Namibië in sy geheel het sedert 2012 ’n “massiewe” opbloei beleef met gemiddeld N$2,265 miljard se bouplanne per jaar wat in dié tydperk goedgekeur is.
Die konstruksie aan B2Gold se Otjikoto-goudmyn en Weatherly International se Tschudi-kopermyn is reeds in 2014 en 2015 onderskeidelik afgehandel en Swakop Uranium se Husab-myn is bykans voltooi. Gevolglik het die groei in die konstruksiesektor se bydrae tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) sy piek bereik, sê IJG. Saam met die heersende watertekort en die regering se besnoeiing in sy ontwikkelingsbegroting verwag IJG dus ’n inkrimping in dié sektor vanjaar.
Dié ontleders meen konstruksie sal vanjaar met minus 4,5% groei. IJG se prentjie is meer rooskleurig as dié van die Bank of Namibia (BoN), wat groei van minus 7,5% verwag.
Volgens NamWater se verslag van 11 Julie het die damme wat Windhoek van water voorsien – Von Bach, Swakoppoort en Omatako – saam oor 8% van hul volle kapasiteit water beskik. NamWater verwag dié damme sal teen Desember leeg wees.
Die konstruksiebedryf is ’n reuse­waterverbruiker en die heersende droogte beperk dus grootskaalse konstruksie in die hoofstad aansienlik, sê IJG.
“Dit beteken nóg minder bouplanne kan in die afsienbare toekoms deur die Windhoek-munisipaliteit goed­gekeur word. As die water­situasie in die sentrale streek verder versleg, meer water­beperkings of nuwe tariewe ingestel word, kan dit ’n groter negatiewe impak op konstruksie­bedrywighede in en om Windhoek hê,” waarsku die ontleders.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!