Koolstof-taks: Só raak dit SA
Die gemiddelde verbruiker sal dit ook onregstreeks voel in die vorm van stygende pryse van verskeie goedere en dienste.
Francois Williams – Wanneer die koolstofbelasting op 1 Junie in die buurland in werking tree, sal brandstof nog ’n paar sent per liter duurder word.
Die gemiddelde verbruiker sal dit ook onregstreeks voel in die vorm van stygende pryse van verskeie goedere en dienste.
Só verduidelik die omgewingsprokureur James Ross van Norton Rose Fulbright die impak van die koolstofbelasting.
Ross en sy kollega Tina Costas verduidelik die belasting sal maatskappye in die vervoer-, mynbou- en energiesektor raak. Hulle sal belasting moet betaal op hul kweekhuisgasvrystellings van bo ’n sekere perk.
Ross-hulle meen maatskappye behoort reeds al hul potensiële blootstelling aan die nuwe belasting bereken het en moet vinnig optree om dit te probeer versag.
Vir die verbruiker beteken dit petrol se prys sal in Junie met ’n ekstra 9c per liter en diesel met ’n ekstra 10c per liter styg, behalwe die normale maandelikse markverwante aanpassing.
Die belasting sal in twee fases ingestel word:
Fase 1 geld van 1 Junie vanjaar tot 31 Desember 2022.
In hierdie fase is die basiese belasting R120 per ton koolsuurgas of ekwivalente kweekhuisgas wat ’n onderneming vrystel. Dit sal jaarliks tot einde 2022 met inflasie plus 2 persentasiepunte styg.
Maar dié koers is onderhewig aan ’n aantal belastingtoegewings. Die eerste is ’n basiese toegewing van 60% d.w.s. maatskappye sal net teen 40% van die koers die koolstofbelasting op hul belasbare kweekhuisgasvrystellings hoef te betaal – dus R48 per ton.
Dan kan hulle nog toegewings tot op 95% kry deur koolstofkrediete te koop of in energiedoeltreffendheid en skoonkrag-tegnologie te belê wat hul koolstofvoetspoor verklein. Uiteindelik kan hulle dus so min as R6 per ton se koolstofbelasting betaal.
Fase 2 geld van 2023 tot 2030, en dis nog nie duidelik presies hoe die koolstofbelasting vir dan aangepas gaan word nie.
Ross-hulle sê die nasionale tesourie het wel belowe energie-intensiewe bedrywe sal op so ’n manier beskerm word dat die belasting nie die prys van elektrisiteit sal verhoog nie.
Die impak van die belasting sal verskil van sektor tot sektor, en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens is veronderstel om konsepreëls oor die belastingtoegewings vir raadpleging te publiseer.
Ross-hulle verduidelik die regering se edele idee agter dié belasting is om die ekonomie aan te moedig om minder kweekhuisgasse vry te laat en meer te belê in skoon, hernubare energie en energiedoeltreffendheid. Suid-Afrika het die internasionale klimaatooreenkoms in 2015 in Parys onderteken, dus moet hy by sy belofte hou om sy totale kweekhuisgasvrystellings teen 2025 te laat stabiliseer op dieselfde vlak tot 2035, waarna dit sal moet afneem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie