‘Koop asseblief bedagsaam’
Ofskoon die versekering weer gegee is dat noodsaaklike dienste nié gesluit sal word nie, is supermarkte en apteke sedert betaaldag oorval.
Elvira Hattingh – Kort voor Namibië se Khomas- en Erongostreek gehok is, was supermarkte en apteke in die hoofstad ’n stormloop van paniekerige kopers.
Dít ongeag die regering se versekering gegee dat dié plekke nie vir die tydperk van inperking sal sluit nie.
Handelaars het hul hande vol met lang rye kopers, en om winkelrakke vol te hou – veral wat items soos meel, blikkieskos, langlewe melk en skoonmaakmiddels betref.
Republikein het drie verskillende apteke gekontak, wat almal bevestig het hulle ervaar ’n toestroming van mense en sukkel om voor te bly. Verdere navrae toon veral produkte wat immuniteit versterk, soos vitamien C-produkte, is by die meeste apteke uitverkoop.
Dít volg nadat dr. Bernard Haufiku, wat tans aan die spits staan van pres. Hage Geingob se Covid-19-taakspan staan, gisteroggend wéér bevestig het noodsaaklike dienste sal nie in die komende 21 dae gesluit word nie.
Hy het toe gesê nie net gesondheidsdienste nie, maar ook “diegene wat kos voorsien”, word as noodsaaklike dienste beskou.
Hy sou Woensdag of gister ’n dringende vergadering met die sektor wou belê.
“Hulle kán nie hul winkels sluit nie. Selfs hotelle of restaurante kan nie sluit nie, ons kan slegs die hoeveelheid mense beperk wat by dié plekke ingaan," het hy gesê.
Haufiku het die media in Windhoek se House of Democracy toegespreek.
SUPERMARKTE SÊ
Intussen het talle plaaslike kruidenierswinkels aangedui hulle sal aanlyn bestellings aanvaar, kruideniersware by mense se huise aflewer en ook WhatsApp-bestellings neem.
Me. Victoria Möller, bemarkingsbestuurder by Pick n Pay Namibia, sê hulle is gerat vir die tyd van inperking, maar doen ’n ernstige beroep op mense om hul aankope verstandig te doen.
Möller sê hulle het agtergekom mense doen paniekaankope.
“Mense koop baie meer as gewoonlik – veral wat produkte betref wat langer hou soos blikkieskos, droë kosse en meel. Dit is moeilik om te beheer, hoe sê jy vir mense hulle mag nie iets koop nie?
“Die hartseer is dat mense wat nié so kan koop nie hieronder ly. Baie het vir betaaldag gewag, maar nou kan hulle nie die produkte kry wat hulle soek nie.
“Ons vra kliënte om hul aankope asseblief verstandig te doen. Ons vra ook dat kliënte geduld sal hê, al die winkels is tans onder druk,” sê Möller.
“Ons het ’n spesifieke lys van sleutelitems – produkte waarvan mense tradisioneel meer aanskaf. Dit is byvoorbeeld stapelvoedsels soos rys, pasta en meel. Hiervan het ons nou meer as gewoonlik bestel, asook meer skoonmaakgoed,” sê sy.
Möller sê hulle sal die regering se riglyne volg wat die hoeveelheid mense betref wat terselfdertyd in hul winkels mag wees.
Spar Namibia het ook in ’n kennisgewing verseker hul takke sal oop bly, en het gevra mense moenie paniekerig raak nie.
“Ons winkels sal gereeld aangevul word. Wees asseblief bedagsaam wanneer jy koop en koop net die nodige,” vra die winkelgroep.
Wecke & Voigts Wholesale in die noordelike nywerheidsgebied het Facebook-aanhangers verseker hulle bly oop vir die publiek tydens die inperking en het genoeg voorraad.
Kliënte kan bestellings per WhatsApp doen en dit kom haal.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie