Koop nou maklik by al dié oorsese winkels
Petrus Malherbe - As die idee om items van oorsee af te bestel jou 'n hol kol op die maag gee, is daar goeie nuus.
DHL het dit pas makliker gemaak om aanlyn items by meer as 200 winkels in Amerika en Brittanje te koop en dit na Suid-Afrika te verskeep.
Boonop hoef jy nie bekommerd te wees dat jou pakkie gaan wegraak of dat jy maande lank vir 'n strokie van die poskantoor af gaan moet wag nie.
DHL se Africa eShop het pas sy virtuele deure in 11 Afrikalande geopen, insluitende Suid-Afrika, Nigerië, Kenia, Ghana en Botswana.
In teenstelling met die naam is Africa eShop nie 'n afsonderlike e-handelaar nie, maar eerder 'n tussenganger waardeur jy by meer as 200 aanlyn winkels kan bestel. Dit sluit in bekende handelsname soos Macy's, Amazon, Gap en Nordstrom.
“Dit is die eerste keer dat Suid-Afrikaners by talle van hierdie handelaars kan koop,” sê Hennie Heymans, uitvoerende hoof van DHL Express in Afrika suid van die Sahara.
DHL hanteer baie van die logistiek verbonde aan verskeping oor Afrika heen namens hierdie winkels, verduidelik hy.
Dit sluit in betalings in die verskillende geldeenhede.
EN INVOERBELASTING?
Hieraan het DHL ook gedink. Enige bykomende heffings of belastinggeld word by die prys in jou inkopiemandjie gevoeg. Dit beteken jy betaal die volle bedrag vir die item, verskeping en invoerbelasting op een slag.
Dit bespoedig die afleweringsproses aangesien 'n item (een wat in voorraad is) binne enkele dae vanaf die betrokke land na Suid-Afrika verskeep kan word waarna dit net deur 'n doeanebeampte ondersoek word voordat dit by jou voordeur afgelewer word. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie