Koop plaaslik
Die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, het die tweede fase van die Koop Plaaslik - Groei Namibië-veldtog bekendgestel. Die eerste fase het sedert verlede jaar baie suksesvol Namibiese produkte op plaaslike rakke laat uitblink. Met die hulp van vennote soos die Verenigde Nasies in Namibië, die Namibia Trade Forum, Team Namibia, Weathermen en The Namibian, poog die veldtog om Namibiers bewus maak van plaaslike produkte en eerder plaaslik te koop om die ekonomie te laat groei.
Iipumbu het na die nuwe strepieskode, 631, verwys wat Namibiese produkte se reis na die mark vergemaklik. Ander fokuspunte van die veldtog sluit in kleinsakeontwikkeling, finansiering en die versekering van gehalteprodukte, 'n handelsweek asook die publikasie van verskeie beskikbare Namibiese dienste en produkte. Iipumbu (middel) verskyn saam met me. Ndeshi Fikameni van Afroprint en een van haar produkte, en die VN in Namibië se hoofverteenwoordiger mnr. Sen Pang.
Foto Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie