Koos kom Otji toe
Koos Kombuis, die legendariese liedjieskrywer, digter en “alternatiewe” Afrikaner tree op 1 en 2 Junie by Memoirs op Otjiwarongo op.
Die man met die veelbesproke lewe se musiekstyl herinner aan Bob Dylan en John Lennon.
Een van sy bekendste liedjies, “Lisa se klavier”, het veral deur Laurika Rauch bekendheid verwerf.
Met sy akoestiese kitaar, humor, musiek en alternatiewe leefstyl gaan hy gehore op die dorp in nostalgie dompel.
Koos is nie net ’n sanger en verhoogpersoonlikheid nie, maar het eweneens as skrywer bekendheid verwerf met publikasies soos Raka die roman, Suidpunt-Jazz, Nou is die Kaap weer Hollands en vele meer.
Dis ’n geleentheid om hierdie unieke kunstenaar in ’n gesellige atmosfeer te ontmoet.
Sien die advertensie hiernaas vir besprekings - kaartjies is beperk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie