Koos Kombuis se u2018aftree-bundelu2019
Koos Kombuis se u2018aftree-bundelu2019

Koos Kombuis se ‘aftree-bundel’

Lloyd Zandberg
Ná jare gaan ’n nuwe bundel van die sanger en skrywer Koos Kombuis vroeg volgende jaar uitgegee word. Jo Prins het hom daaroor gepols.

Vertel ons in kort oor jou nuwe bundel, Vandag wil ek my blou skoene dra?

Eintlik het ek die gedigte in Vandag wil ek my blou skoene dra vir my eie plesier geskryf. Ek het dit as ’n after thought aan Naledi (uitgewers) gestuur en ek was geweldig verbaas toe dit aanvaar is!

Jy skryf natuurlik baie lirieke. Hoekom het jy so lank gewag met nog ’n digbundel?

Hierdie sal my eerste properse gedrukte bundel in 20 jaar by ’n gevestigde uitgewer wees. Sedertdien was daar wel aanlyn pogings, soos die digitale bundeltjie rock&roll.karoo en goeters hier en daar in Ons Klyntji en op LitNet, maar volgende jaar kan mense dalk weer my werk in ’n biblioteek uitneem!

Hoe dink jy vergelyk lirieke met poësie? Is die een noodwendig die ander? Is dit maklik om te gaan van liriek na vers?

Die metode van rym en ritme verskil gewoonlik tussen liedjies en gedigte. My eie liedjies volg maar almal die kedoenk-koedoenk-patroon met ’n stukkie voorspelbare rymdwang aan die einde van elke reël.

Gedigte werk meer met interne eggo’s. Eindrym kan gebeur maar dis nie orals nie. Dis soos murgbeentjies in groentesop.

My gedigte is minder voorspelbaar as my liedjies, hoewel ek daarin kon slaag om enkele van hierdie pogings tog te toonset. Maar ek belowe ek sal nie die woord “bokkie” insit as ek dit sing nie.

Dink jy sedert jou eerste bundel(s) het die poëtiese landskap baie verander? Hoe?

Intussen het hip-hop en kletsrym gekom. Die poëtiese landskap is meer kosmopolities en stedelik as in die tyd van Opperman. Omdat hierdie waarskynlik my aftreebundeltjie is, val dit iewers tussen gister en vandag. En anders as baie van die gevestigde en bekende werk, probeer ek nie ’n groot statement maak of protes aanteken teen enigiets nie. Ek is nie een van die Groot Vyf van Afrikaanse Digkuns nie en ek sal nooit ooit ’n Neruda wees nie.

Die meeste van hierdie gedigte is so onbenullig en plesierig soos ’n paar lelike maar gemaklike skoene. Dis hoekom ek ’n prentjie van my Crocs op die voorblad wil sit. Ek love my Crocs, al is hulle blou.

Hoe het jou poësie verander? Wat is die enkele grootste invloed op hoe jy skryf?

Die grootste verrassing wat ek gekry het toe ek my gedigte van die laaste paar jaar bymekaargooi, is die opgewekte luim van baie van die werk. Gedigte is nie veronderstel om happy te wees nie! Gedigte is veronderstel om te torring met die voerings van die heelal, om uit te daag en te weeklaag en te bloei! Al daai k*k het ek gedoen toe ek jonger was. Ek is nou oukei met al die paradokse van die lewe. Ek het omtrent 20 jaar laas ’n joint gerook. Ek’s oor dit.

Hoe gesond dink jy is ons poësie? Verskyn te veel? Of, verskyn genoeg bundels wat jy meen die moeite werd is?

Daar verskyn waarskynlik nie genoeg nie . . . In die ou tyd het ek vasgesteek by Johann de Lange, nou is daar opwindende stemme soos Danie Marais, Hemelbesem en soveel ander. Jy hoef net te blaai deur die jongste Ons Klyntji om te sien hoeveel diverse stemme daar deesdae in ons land is.

Afrikaans spoel oor sy walle en vind raakpunte met ander kulture, poësie vat hande met kuns en musiek. Dit word ’n happening. Ek wens die jonges alle sterkte toe met hul woord-eksperimente. Hulle is reeds op pad na die Beloofde Land waarvan ons oues net gedroom het. Ek is opgewonde oor wat hulle doen, al is dit soms met die hulp van Concerto of Ritalin! -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!